Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9

Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. God het inderdaad ’n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word. Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word. Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie. Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry. (NLV)

1.Ons word gereed gemaak vir die hemel deur die wedergeboorte. Dink terug aan hoe hierdie proses in jou lewe verloop het.

2.Die wedergeboorte kom deurdat ons Hom vertrou vir ons verlossing. Hoekom is dit egter noodsaaklik dat ons deur baie beproewings vir die finale verlossing gereed gemaak word?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die wedergeboorte, maar ook die noodsaaklikheid van baie beproewings om gereed gemaak te word vir die finale verlossing.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 1 sowel as my bydrae daaroor: 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar