Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20

Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie? Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster. Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. (NLV)

Jesus roep hier die skare nader om hulle te leer dat reinheid iets aan die binnekant van ’n mens is, nie iets aan die buitekant nie. Die dissipels is egter bekommerd dat die Fariseërs aanstoot geneem het aan Jesus se woorde oor hulle skynheiligheid. Jesus antwoord hulle dan met ’n kort gelykenis wat sê dat die dissipels die Fariseërs moet uitlos, omdat hulle blinde leiers is.

Petrus verstaan egter steeds nie, waarop Jesus uitbrei op die idee dat reinheid met die hart te make het, nie met dit wat die liggaam uitskei nie.  Ongewaste hande maak jou egter nie onrein nie.  Petrus sou mettertyd nog dieper in dié idee ingelei word, wanneer die Here vir hom ’n visioen gee wat hom oortuig dat reinheid eintlik met God se werk in mense verband hou (Hand 10).

1. Hoe help hierdie gedeelte jou om raak te sien wat regtig rein en onrein is?

2. Watter van hierdie dinge is nog deel van jou lewe? Vra die Here om jou daarvan te reinig en ontvang sy vergifnis as ‘n gawe uit sy hand.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat Jesus jou rein gemaak het en jou wil help om in daardie reinheid te lewe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 15 en my bydrae daaroor: Matteus 15 – Jesus se bediening is insluitend en voorsien in baie behoeftes.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: