Skip to main content

Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15

Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer. (NLV)

Psalm 51 is die bekendste boetpsalm in die Psalmboek. Dit is Dawid se gebed tot God na sy owerspel met Batseba en die verraad teen haar man Urija. Maar die betekenis van die Psalm is vir alle tye en alle situasies waar om vergifnis en herstel gebid word.

1. Watter sonde is daar in jou lewe waarvoor jy vergifnis nodig het. Vra die Here om dit aan jou te openbaar en bely dit voor Hom.

2. Watter behoefte het jy in jou gebed om vergifnis? Reinheid? Vernuwing? Standvastigheid? Vreugde? Gewilligheid om te gehoorsaam? Getuienisgeleentheid? Bid daarvoor en vertrou die Here dat Hy dit gee.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van vergifnis en vernuwing.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Psalm 51 lees en my bydrae daaroor: Psalm 51 – Wees my genadig, o God.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar