Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is julle genees! Vroeër was julle soos verdwaalde skape. Nou het God julle egter teruggebring na julle  Herder, die Bewaker van julle lewe. (NLV)

1. Petrus gebruik hier Jesaja 53 se skets van die Lydende Dienskneg van die Here en pas dit op die Here Jesus Christus toe. Hy beskryf die tipe transformasie wat Jesus bewerk het: Hy het ons sondes gedra, sodat ons vry van die sonde kan leef vir God; Hy het vir ons genesing gebring deur sy wonde; Hy het ons na ‘n regte verhouding met God teruggebring. Hoe ervaar jy dit in jou lewe?

2. Jesus is ons Herder, die Bewaker van ons lewe. Hy lei en beskerm ons. Hoe laat dit jou voel? Wat wil jy vir Hom sê?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat Jesus jou Herder, die Bewaker van jou lewe is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 2 sowel as my bydrae daaroor: 1 Petrus 2 – Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar