Skip to main content

Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6

Wanneer die Raadgewer kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader af uitgaan, sal Hy oor My in die openbaar getuienis aflê. (NLV)

Omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van die Drie-eenheid. Wat staan vir jou uit van elke persoon?

2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan elkeen se rol in gelowiges se lewe gekoppel? Hoe ervaar jy die onderskeie persone van die Drie-eenheid?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God se teenwoordigheid en begeleiding te herinner.

4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Johannes 15 en Galasiërs 4 sowel as my bydraes daaroor: Johannes 15:1–26 – Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe; GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar