Skip to main content

Vraag 5: Hoe ken jy God?

1. Hoe het jy God leer ken? Wie en wat het jou kennis van God gevorm?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Deur die skepping en versorging van die heelal. Dit is soos ’n mooi boek waarin ek God se ewige krag en Goddelikheid duidelik sien. Hy het alles gemaak en op Hom is alles gerig. Deur die Bybel wat God se wil volkome bevat. Alles wat ek vir my saligheid moet glo, word daarin voldoende geleer.

3. Hoe verryk hierdie beskrywings jou gedagtes oor hoe ons God leer ken?

4. Lees God se belofte en opdrag in Josua 1:1-9. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Josua het veertig jaar lank gesien hoe God vir hulle in die woestyn sorg. Nou is Moses dood. Die Here praat met Josua en herhaal die belofte van die land. God sal Josua nooit in die steek laat en nooit los nie. Josua moet sterk en dapper wees en al die opdragte uitvoer wat God in sy wetboek, die Bybel, vir hom gee. Josua moet dag en nag daaroor nadink sodat hy alles kan doen wat daarin geskryf is. Hy moenie links of regs daarvan afwyk nie. Dan sal hy God se wil ken en suksesvol wees in alles wat hy doen.

6. Wat maak jou opgewonde van God se openbaring in die Bybel? Loof die Here dat Hy met ons in die skepping praat, en nog helderder deur sy Woord.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar