Skip to main content

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 17 en Heidelbergse Kategismus 14. Wat leer jy van hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 17

DIE VERLOSSER DEUR GOD BELOOF

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak – sy Seun, wat uit ‘n vrou (Gal. 4:4) gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Gen. 3:15).

Gen 3:15; 22:18; Jes. 7:14; Joh. 7:42; 2 Tim. 2:8; Heb. 7:14; Joh. 1:14; Gen. 3; Gal. 4:4.

Heidelbergse Kategismus 14

14 Vraag: Kan enige ander skepsel vir ons betaal?

Antwoord: Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).

(a) Eseg 18:4; Gen 3:17. (b) Nah 1:6; Ps 130:3.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar