Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34

Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit. (NLV)

1. Paulus spel drie aspekte van Jesus Christus se dood, opstanding, hemelvaart en teenwoordigheid by God vir ons uit: Hy het vir ons gesterwe; Hy sit op die ereplek langs God; Hy pleit daar vir ons. Wat beteken dit vir jou?

2. Paulus herinner ons aan hierdie dinge dat ons nie moedeloos moet raak as daar teenstand teen ons lewe en getuienis is nie. Ons sal nooit weer in veroordeling kom nie, want Jesus staan vir ons in. Hoe laat dit jou voel?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan Jesus wat vir jou gesterf het, en op die ereplek langs God sit en vir jou pleit.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar