Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8

Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien; want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan en die see het nie meer bestaan nie. Ek het ook die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerkom. Die nuwe Jerusalem was soos ’n bruid wat vir haar eggenoot mooigemaak is. Ek het toe ’n kragtige stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die tentwoning van God is nou onder die mense opgeslaan. Hy sal by hulle bly, en hulle sal sy volke wees en God sal self by hulle wees as hulle God. Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.” Hy wat op die troon sit, het toe gesê: “Kyk, Ek maak alle dinge nuut.” En Hy sê verder: “Teken dit aan, want hierdie woorde is geloofwaardig en betroubaar.” Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water. Die een wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hom God wees en hy sal vir My ’n kind wees. “Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.” (NLV)

1. God skep hemel op aarde vir sy kinders. Dink na oor elke aspek van hierdie geskenk aan jou en aanbid die Here daarvoor.

2. Let op dat hierdie belofte gegee word aan “die een wat aanhou oorwin.” God se kinders is erfgename van al hierdie dinge, maar die tweede dood wag vir dié wat vasgeval bly in hulle sondes. Hoe kan jy seker maak dat jy “aanhou oorwin”?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die nuwe hemel en nuwe aarde wat God vir sy kinders voor berei. Jesus sal weer kom om jou daarin te laat deel.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Openbaring 21 sowel as my bydrae daaroor: Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar