Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3

Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en hou ook aan om op My te vertrou. In die huis van my Vader is daar baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is. (NLV)

1. Die dissipels was ontsteld oor die lyding wat vir Jesus voorgelê het in Getsemane, sowel as oor hulle eie toekoms as sy volgelinge. Jesus besweer hulle ontsteltenis met die visie op ‘n vaste woonplek in die huis van sy Vader. Dink na oor die betekenis wat hierdie boodskap van ‘n woonplek by God ook vir jou het.

2. Jesus belowe hier dat sy hemelvaart deur sy wederkoms opgevolg sal word. Hy kom terug en sal hulle na God toe neem. Hoe laat dit jou voel dat dit jou ook beskore is?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van ‘n woonplek by die Vader wat Jesus vir jou voorberei. Hy sal weer terugkom om jou daarheen te neem.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Johannes 14 en my bydrae daaroor: Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar