Skip to main content

Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

1. Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? Het jou gedagtes deur die jare verander daaroor? Waarom? Waarom nie?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

  1. Jy mag nie nog ander gode buiten God aanbid nie.

  2. Jy mag nie vir jouself afgode maak en hulle aanbid nie.

  3. Jy mag nie die Naam van God sonder respek gebruik nie.

  4. Jy moet die rusdag vir God vier.

  5. Behandel jou ouers met respek.

  6. Moenie mense doodmaak nie.

  7. Moenie egbreuk pleeg nie.

  8. Moenie iets steel nie.

  9. Moenie valse verklarings aflê nie.

  10. Moenie afgunstig raak nie.

3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die Tien Gebooie?

4. Lees die wet Eksodus 19:1-6; 20:1-17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

God het die Israeliete uit Egipte gered. Hulle het by die Sinaiberg kamp opgeslaan. God het vir Moses gesê dat Hy hulle as’t ware op die vlerke van ’n arend opgelig het en hier na Hom toe gedra het. As hulle regtig gehoorsaam is aan God en vashou aan sy verbond met hulle, sal hulle sy persoonlike volk wees tussen al die nasies van die wêreld. Die hele wêreld behoort aan Hom, maar hulle sal in besonder die nasie wees wat aan God toegewy is. God het toe vir Moses die Tien Gebooie gegee sodat hulle Hom kan gehoorsaam.

6. Watter dele van die Tien Gebooie spreek jou aan. Hoe kan dit jou maatstaf word vir wat jy glo, dink en doen?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar