Skip to main content

Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20

Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind. Hý is die hoof van die kerk, sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerste wat uit die dood opgestaan het sodat Hy inderdaad eerste in alle dinge is. God het dit goedgedink om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. (NLV)

1. Dink na oor die verbande van hierdie belydenis oor Jesus, die Seun van God, met die eerste drie gebooie van die wet. Wat tref jou daarvan?

2. Dink na oor die wyse waarop Jesus hier as die sigbare uitbeelding van die onsigbare God verkondig word en dat alle dinge deur Hom en vir Hom geskep is. Hoe verander dit jou perspektief op Jesus?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die eerste drie gebooie jou eintlik radikaal anders laat dink oor Jesus en die betekenis van sy boodskap vir alle mense.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 1 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar