Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5

4Hulle is tog Israeliete, bevoorreg tot kindskap. God het sy heerlikheid aan hulle bekendgemaak. Hy het verbonde met hulle gesluit en sy wet vir hulle gegee. Hulle is bevoorreg om Hom te aanbid en Hy het wonderlike beloftes aan hulle gemaak. 5Hulle het eerbiedwaardige voorvaders gehad en uit hulle is Christus as mens gebore – Hy wat tegelyk God bo alles is en aan wie die lofprysing vir altyd en altyd toekom! (NLV)

1. Paulus beskryf in vers 4 ses voordele wat die Israeliete as uitverkore volk gehad het. Wat is die betekenis daarvan vandag vir jou as uitverkore kind van God?

2. Paulus gaan in vers 5 aan om nog twee voorregte by te voeg.  Die afkoms uit die eerbiedwaardige voorvaders (Abraham, Isak en Jakob) en die wonder van die God-mens se geboorte in Christus. Die Israeliete het egter ten spyte van al hierdie voorregte nie in die Here Jesus Christus geglo nie. Hoekom nie en hoe spreek dit jou aan?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God sy heerlikheid aan jou bekend gemaak het in Christus Jesus. Dat al hierdie dinge ook aan jou behoort: kindskap; God se heerlikheid; die verbonde; die wet; die aanbidding; die beloftes; die voorvaders; die Christus.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 9-11 en my bydrae daaroor: Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar