Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40
Die musiek van Beethoven
Wie ken die musiek wat met hierdie vier note begin: ta, ta, ta, DA? Ja, Beethoven se Vyfde Simfonie (1804-1808). Wêreldbekend. Interessant, Beethoven was al doof toe hy dit gekombineer het. Hy kon die note net in sy kop hoor. So lyk die musiek van die eerste blad:
Hierdie Vyfde Simfonie word uitgevoer deur groot simfonie orkeste. Dit word deur bands uitgevoer. Dit is verwerk vir klavier. Selfs vir ghitaar – gaan luister na Kelly Valleau se uitvoering daarvan. Tegnies uitdagend. Pragtig.
En sommige uitvoerings van die musiek is meesleurend mooi. Ander weergawes is nie so musikaal nie. Veral nie die elektroniese midi weergawes nie wat half dowwerig en blikkerig klink. En ‘n groot simfonie orkes het net ‘n groter klank as ‘n enkel ghitaar, selfs al is die ghitaar ook hoe goed.
Maar, die musiek is altyd herkenbaar. Hoekom? Want daar is bladmusiek. Die note is heilig. Onaantasbaar. Dit kan nie verander word nie. Ta, ta, ta, DA.
Jy kan wel die musiek op baie maniere interpreteer, mooi of minder mooi. Maar as jy van die bladmusiek afwyk, speel jy nie meer Beethoven se musiek nie. Is dit nie meer die Vyfde Simfonie nie. Jy kan nie ‘n noot weglaat óf ‘n noot bysit van Beethoven se vyfde nie. Nooit nie. Jy sal altyd uitgevang word.
Die teks van die Bybel
Dit is nie anders met die Bybel nie, al is daar baie wat dit probeer doen. Jy mag en kan jou eie interpretasie gee van hoe ‘n gedeelte jou raak, wat dit vir jou beteken, hoe dit ander raak, en wat dit vir ander kan beteken. Jy moet dit in die konteks wat dit geskryf is, uitlê, wat natuurlik tot beter of slegter interpretasie kan lei. Die konteks kan jou ‘n gedeelte beter laat verstaan, of ‘n gebrek daaraan weer slegter. Jy kan dit meesleurend vertel of aframmel.
Maar, die oomblik as jy die teks verander, is jy nie meer met die Bybel besig nie. Is jy met jou eie Bybel besig.
Wat ons versigtig moet maak vir mense wat vir jou sê, maar ‘n sekere verstaan van die teks is net jou eie interpretasie. Wat sê, ek maak my eie interpretasie van die Bybel. En as dit verskil van jou interpretasie, moet jy maar verlief neem daarmee.
Trouens, baie keer word jou interpretasie van die teks, veral waar jy by die teks wil hou, in die proses verdag gemaak, en talle keer nog jyself ook. Die boodskapper word saam met die boodskap aangeval.
Daarop sal ‘n mens moet antwoord, ja, dit is reg so, jy mag jou eie interpretasie van die teks voorstel … maar, die oomblik as dit duidelik word dat jy aan die teks verander, of dele van die teks weglaat, of dele daarby voeg, dan is jy nie meer met interpretasie besig nie, maar met ‘n ander teks.
Beethoven se Vyfde Simfonie begin met vier note, nie vyf of drie nie. Só ook die Bybel, by wyse van spreke. Daar is 66 boeke. Die kanon is afgesluit. Ons kan nie meer daartoe byvoeg nie. Ons kan ook nie dele van die Bybel weglaat nie. En dit geld die hele Bybel.
Die verskil tussen Jesus en die Fariseërs en wetgeleerdes
Dit is belangrik om hierdie vertrekpunt in die lees van die Bybel te beklemtoon, want dit was die hart van die verskil tussen Jesus en die Fariseërs en skrifgeleerdes.
Jesus het met die teks van die Bybel gewerk. Die Fariseërs en skrifgeleerdes met hulle eie interpretasie van die Bybel.
Vir seker het Jesus ook ‘n nuwe openbaring van God gebring wat die OT aangevul het, waarin sommige dinge helderder gesê is as in die teks van die OT, en ander dinge in die OT selfs opgehef is. Maar dit hef nie die teks van die OT op nie. Sonder die OT sal ons nie ‘n idee hê van die skepping, die gawe van die wet, die talle Psalms om met God te praat, en die wysheidsverhale wat tot vandag toe God se stem vir ons is.
Daar is dus dinge wat dieselfde gebly het van die OT na die NT toe, en ander dinge wat opgehou het om ‘n invloed te hê, soos die wette oor ons dieet en die offers in die tempel.
Maar, Jesus het op geen manier die teks van die OT ongeldig kom maak nie. Die OT was steeds die openbaring van God vir Jesus. Hy het die kerk geleer dat dit steeds die fondasie is van hulle geloof, soos Jesus dit kom vervul het en ook aangevul het.
En ek wil nou Jesus se hantering van die wet kontrasteer met die hantering daarvan deur die Fariseërs en wetgeleerdes. Want daarin sal ons raaksien wat God ook van ons verwag in die wet. En dat ons nie die wet kan systap of ter syde stel nie. Trouens, dat ons geen deel van die Bybel kan systap of ter syde stel nie.
Sodat ons Jesus se aankondiging van die dubbele liefdesgebod kan hoor as die bladmusiek van die koninkryk.
Jesus wys dat die wet die sonde van ons hart aan die lig bring
Hoewel Jesus se geboorte aangekondig is deur skrifgeleerdes (Matt 2:4) het Jesus baie konflik met hulle gehad in sy uiteindelike bediening. Die skrifgeleerdes het hom veral kwalik geneem dat Hy hulle leringe, hulle interpretasies van die wet, as dwaalleringe uitgewys het.
Jesus het bv in Matteus 15 die dwaasheid van hulle klem op die was van hande, eerder as die was van harte, uitgewys. Jesus het geleer: dit is nie wat in die liggaam ingaan wat jou onrein maak nie; dit is wat uit die hart uitkom wat jou onrein maak in die oë van God. “Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.” (Matt 15:1-20).
En wat veral interessant is dat hierdie uitleg van Jesus direk gebaseer is op oortredinge van die wet van God, die tien gebooie. Moord is ‘n oortreding van die sesde gebod. Egbreuk en hoerery is ‘n oortreding van die sewende gebod. Diewery is ‘n oortreding van die agste gebod. Valse getuienis en lastertaal is ‘n oortreding van die negende gebod.
Dit is vanuit die hart van die mens, sê Jesus, wat die wet van God oortree word. En Jesus help ons verstaan dat ‘n mens sonde juis herken uit die duidelike boodskap van die wet. Sonder die wet kan jy die sonde nie so goed raaksien nie.
En Hy wys hierdie skeefgetrekte interpretasie van die skrifgeleerdes onomwonde uit.
Jesus wys dat die wet se boodskap nie versag moet word nie
Jesus wys ook uit dat die skrifgeleerdes die impak van dié duidelike boodskap van die wet wou versag. Hulle lering was gemik daarop om dit vir mense makliker te maak om die wet na te kom. Daarom het hulle allerlei maniere uitgedink om die impak van die wet op jou praktiese lewe te verminder. Hulle het ‘n diverse interpretasie van die gebod aangemoedig en toegelaat. Sodat hulle die krag daarvan kan verminder in hulle lewe.
Jesus val egter nie vir hulle verdoeseling van die waarheid van die Skrif nie, en spreek hulle skerp aan. Die boodskap van die Skrif, sê Jesus, is nie oop vir diverse opinies nie. Die boodskap van die Skrif kan nie versag word deur ‘n klomp eie interpretasies nie.
Soos jy nie jou eie note kan byvoeg by die musiekstuk óf van die note uitlaat nie, en jy moet werk met die volledige “score” van die musiekstuk, só moet jy ook met die Bybel werk.
Want, waar die boodskap van die Skrif verander word deur interpretasie, is dit nie meer die Skrif nie, kan God nie meer daardeur praat nie, kan ons die stem van die lewende God nie meer hoor nie.
Soos Petrus later in lyn met hierdie boodskap van Jesus sou skryf, die Skrif is nie “’n saak van eie uitlegging” nie. Hoekom nie? “Want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” (2 Pet 1:20-21)
Jesus illustreer dit met die skrifgeleerdes se hantering van die vyfde gebod
Om dit te illustreer, kan ‘n mens Jesus se kritiek lees, ook in Matteus 15, op die wyse waarop die skrifgeleerdes die Skrif verander het in verband met die gebod om jou ouers te eer, die vyfde gebod. Die skrifgeleerdes het geleer: “Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe—dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.” Kan jy nou meer!
Geen wonder dat Jesus skerp daarop reageer en sê: “So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.” (Matt 15:5-6)
Jesus noem die skrifgeleerdes daarom skynheiliges, geveinsdes, want hulle ontkrag die Woord sodat die Woord nie sy werk in mense se lewe kan doen nie. Hulle gee hulle eie interpretasie van die Woord, en maak die boodskap daarvan duister.
Die Skrif is dan nie meer helder en duidelik en genoegsaam vir die geestelike lewe van gehoorsaamheid aan God nie. Só laat die skrifgeleerdes laat die Woord aanpas by die sondige behoeftes van die mense, maar maak die Woord in die proses kragteloos.
In plaas daarvan dat die skrifgeleerdes die gebooie van God verkondig, verkondig hulle gebooie van mense, dinge wat hulle uitdink en wat die krag van die gebooie van God verminder, totdat die Woord heeltemal aangepas het by die behoeftes van die volk.
Hierdie skerp teregwysing van Jesus het die skrifgeleerdes egter nie sommer só aanvaar nie. Die feit dat Jesus hulle skynheilige pogings ontbloot het om die duidelike boodskap van die Woord te ontkrag, het hulle geswore vyande van Hom gemaak, veral sy laaste toespraak waarin Hy hulle onomwonde veroordeel vir hulle skynheiligheid (Matt 23).
Daarom beplan die skrifgeleerdes saam met die Fariseërs, die ouderlinge, en die owerpriesters om Jesus dood te maak (Matt 16:21; 26:3). En hang Jesus aan die kruis vir die ondeelbare waarheid van God teenoor die diverse interpretasies van die skrifgeleerdes.
Jesus het ook genade vir skrifgeleerdes gehad
Nie dat Jesus nie ook genade gehad het vir skrifgeleerdes nie. Hy waarsku skrifgeleerdes op ‘n keer dat dissipelskap jou kan kos, maar nooi hulle steeds uit om Hom te volg:
“En ’n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan. En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.” (Matt 8:19-20)
Hy wys ‘n ander keer op die waardevolle rol wat skrifgeleerdes kan speel as die koms van die koninkryk hulle fokus word, as hulle dissipels van Hom raak:
“Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ’n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ’n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.” (Matt 13:52)
En Jesus prys op ‘n keer die insig van ‘n skrifgeleerde wat met Hom in gesprek tree oor die betekenis van die wet en nooi hom uit om deel van die koninkryk te raak:
“En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie; en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers. Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.” (Mark 12:32-34)
Maar, dit was die uitsonderings.
Meesal het die skrifgeleerdes Hom probeer uitvang en sy boodskap só probeer ontkrag. En dit is in die midde van een só ‘n konflik, weereens oor die wet, wat Jesus terselfdertyd die diep betekenis van die wet in terme van die dubbele liefdesgebod verkondig het.
Dit vind ons in Matteus 22.
‘n Bietjie agtergrond. Matteus verweef die verhale oor Jesus met sy toesprake. En al vyf Jesus se toesprake gaan oor die koninkryk van God:
- Die goeie nuus van die koninkryk – hfst. 5-7
- Die krag en missie van die koninkryk – hfst. 8-10
- Die gemengde ontvangs van die koninkryk – hfst. 11-13
- Die gemeenskap van die koninkryk – hfst. 14-18
- Die impak en koms van die koninkryk – hfst. 19-25
Ons teks kom dus uit hierdie laaste deel, Jesus se lering oor die impak en koms van die koninkryk.
‘n Wetgeleerde het Jesus probeer versoek
Die situasie was soos volg. ‘n Wetgeleerde – ‘n skrifgeleerde wat spesifiek ‘n ekspert in die wet van Moses was – het Hom probeer versoek en gevra watter gebod in die wet die grootste was.
34En toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.
35En een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
36Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
38Dit is die eerste en groot gebod.
39En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
40Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Jesus wys dat daar nie groter en kleiner dele van die wet is nie
Hierdie gedeelte is deel van die laaste deel van Jesus se openbare optrede net voor sy kruisiging. Hy wil die boodskap van die koninkryk omklink dat die dissipels die groot opdrag kan nakom, om dié boodskap regdeur die wêreld te neem:
“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Matt 28:19).
Die Fariseërs en skrifgeleerdes het Hom egter teëgestaan, want hulle wou hê dat die Jode hulle dissipels sou wees. Daarom het hulle gewerk met ‘n idee dat daar wette is wat “groter” is as ander, dws “swaarder” weeg as ander wette, en ander wette wat “kleiner” is, dws wat ‘n mens as “ligter” kon beskou, en daarom nie in die moeilikheid sou kom as jy hierdie kleiner wette nie nakom nie.
Daarom kom ‘n skrifgeleerde – die teks sê eintlik ‘n “wetgeleerde” wat ‘n ekspert in die wet was – en wil Jesus vastrek deur te vra na wat is die “groot gebod” in die wet.
Jesus is egter te slim vir die wetgeleerde en gee nie sy eie interpretasie van wat “groot” en wat “klein” in die wet sou wees nie. Nee, Hy haal die wet self aan. Hy laat die eerste note van Beethoven se Vyfde Simfonie weerklink, by wyse van spreke.
Hy haal die kern van die wet in die Pentateug aan, presies dié teks wat elke Jood drie keer ‘n dag in hulle gebedstyd gebruik het, die Sjema: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” (Deut 6:4-5).
En hy voeg daaraan by ‘n teks uit die etiese gedeelte wat oor ongeoorloofde seksuele verhoudings gaan – Levitikus 18-20: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Lev 19:18; vgl 19:34 waar dié gebod ook die vreemdeling geld).
En Jesus is baie wys deur uiteraard die gebod om God lief te hê eerste te noem, maar te weier om die liefde vir die naaste ondergeskik te maak aan die eerste. Dit is gelyk aan mekaar, hoewel die eerste uiteraard die basis is vir die tweede.
En niemand kon eers in gesprek tree met Jesus hieroor nie, want dit was só ‘n duidelike en diepsinnige antwoord.
Jesus wys dat die wet die bladmusiek van die koninkryk is
Hiermee het Jesus egter nie net die skrifgeleerdes se mond gesnoer nie. Jesus het hiermee die wet as die bladmusiek vir die koninkryk beskryf. Die liefde tot God was ‘n opsomming van die eerste vier gebooie van die Dekaloog. Die liefde tot die naaste was ‘n opsomming van die laaste ses gebooie van die Dekaloog, die Tien Gebooie.
En dit is dié dinge wat die grondwet is, die bladmusiek, van die boodskap van die koninkryk. Die dubbele liefdesgebod is die ta, ta, ta, DA van die kerk, die note wat weerklink as die mees herkenbare inhoud van die kerk se boodskap sedert die eerste eeu nC.
En dit bly die bladmusiek vir ons lewe. Natuurlik is daar baie meer in die Bybel. Maar, die kern van die kern, die note waarmee ons telkens ons rol in die lewe weergee, is die Tien Gebooie soos Jesus dit in die dubbele liefdesgebod opgesom het.
En ons moet versigtig wees om ‘n ander interpretasie van die wet en die Bybel toe te laat in ons lewe. Veral dié interpretasies wat dele van die Bybel wil ignoreer en maak asof dit nie meer van toepassing is nie. In die plek daarvan kom die wysheid van die wêreld, die onderskeie wetenskaplike opinies oor menswees en die wêreld, en dit verdring maklik die stem van die Skrif in ons lewe.
Wees daarom versigtig vir die wysheid van hierdie wêreld
Paulus praat ook hieroor en wys hoe die skrifgeleerdes van die wêreld ons kan laat vasval in die wysheid van hierdie wêreld: “Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?” (1 Kor 1:20)
Dit is hoe God daaroor dink. Die wysheid van die wêreld is dwaas, omdat dit God nie erken nie, en ons leer om die Bybelse voorskrifte te ignoreer.
Paulus kontrasteer in 1 Korintiërs 1 die boodskap, kennis en getuienis van God in Christus (logos, gnosis, marturia) met die wysheid, intellek en geleerdes van die wêreld (sophia, sunesis, grammateus). En hy beveel ons om die boodskap van God te kies teenoor dit wat die wêreld ons bied in terme van filosofieë en wysheid.
Die gevolg hiervan sal wees dat ons dieselfde dinge kan sê in die kerk, omdat ons dieselfde tipe denke sal hê, denke wat uit die Skrif kom. Dit is hoe ons verdelings in die kerk kan uitwis, nie deur dele van die Skrif weg te laat óf anders te interpreteer nie, maar om onsself toe te wy aan die een waarheid wat ons in die Skrif het (1 Kor 1:10).
Diversiteit is goed in biologie. Dit help ‘n spesie om te oorleef en te floreer. Diversiteit is sleg in teologie. Dit is ‘n seker manier om geloof te ontkrag en te laat uitsterf.
En moenie dink dat die krag van die gebod opgehef word deurdat dit saamgevat word in die gebod tot die liefde vir die naaste nie. Op geen manier nie. Die dubbele liefdesgebod se opsomming van God se wet wys die vertrekpunte daarvan, maar hef nie die individuele gebooie op nie. Dit sou immers dwaas wees, want dit is presies wat die skrifgeleerdes en wetgeleerdes gedoen het. Hulle het hulle eie interpretasie gegee van die wet en daarmee die wet ontkrag.
Jesus laat geen diverse interpretasie toe nie. Soos ons gesien het vroeër met die skynheiligheid wat Jesus uitwys in die poging tot diversiteit van die skrifgeleerdes (Matt 15). Die gebod om jou ouers te eer is een wat vir alle tye geld. Dit kan nie ontkrag word deur die dwaalleringe van die Fariseërs en skrifgeleerdes nie.
Ook in die NT, soos Paulus dit in Romeine 1:30, Efesiërs 6:1, Kolossense 3:20 en 2 Timoteus 3:2 uitwys. Paulus laat geen diversiteit toe in die interpretasie van die vyfde gebod toe nie. Soos hy dit uitspel vir al die ander gebooie in Romeine 13:9: moord, egbreuk, steel, valse getuienis, en begeertes. Trouens, hy sê “watter ander gebod ook al”!
Die wet bly die bladmusiek van die koninkryk.
View all posts in this series
- Vraag 1: Wat is God? - August 27, 2018
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 - August 28, 2018
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15 - August 29, 2018
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28 - August 30, 2018
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19 - August 31, 2018
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 1, 2018
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 - September 2, 2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid? - September 3, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17 - September 4, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6 - September 5, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 - September 6, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13 - September 7, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 8, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - September 9, 2018
- Vraag 3: Wat is die mens? - September 10, 2018
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 - September 11, 2018
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10 - September 12, 2018
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24 - September 13, 2018
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11 - September 14, 2018
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 15, 2018
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - September 16, 2018
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? - September 17, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31 - September 18, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5 - September 19, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9 - September 20, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28 - September 21, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 22, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104 - September 23, 2018
- Vraag 5: Hoe ken jy God? - October 8, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21 - October 9, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96 - October 10, 2018
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20 - October 11, 2018
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 - October 12, 2018
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 13, 2018
- God bestaan en God praat – Psalm 19 - October 14, 2018
- Vraag 6: Wat is die Bybel? - October 15, 2018
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 - October 16, 2018
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112 - October 17, 2018
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 - October 18, 2018
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27 - October 19, 2018
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 20, 2018
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24 - October 21, 2018
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees? - October 22, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8 - October 23, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27 - October 24, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35 - October 25, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17 - October 26, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 27, 2018
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12 - October 28, 2018
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - October 29, 2018
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56 - October 30, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80 - October 31, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128 - November 1, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14 - November 2, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament - November 3, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - November 4, 2018
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet? - November 5, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 - November 6, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 - November 7, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11 - November 8, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus - November 9, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis - November 10, 2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - November 11, 2018
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie? - November 12, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4 - November 13, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10 - November 14, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31 - November 15, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20 - November 16, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte - November 17, 2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - November 18, 2018
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? - November 19, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25 - November 20, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11 - November 21, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21 - November 22, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4 - November 23, 2018
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte - November 24, 2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - November 25, 2018
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? - November 26, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26 - November 27, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48 - November 28, 2018
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32 - November 29, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26 - November 30, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte - December 1, 2018
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba - December 2, 2018
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? - December 3, 2018
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12 - December 4, 2018
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31 - December 5, 2018
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10 - December 6, 2018
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10 - December 7, 2018
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte - December 8, 2018
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus - December 9, 2018
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie - January 5, 2019
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? - January 14, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7 - January 15, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 - January 16, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20 - January 17, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20 - January 18, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte - January 19, 2019
- God wil ons heilig maak - January 20, 2019
- Vraag 15: Wat is sonde? - January 21, 2019
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43 - January 22, 2019
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11 - January 23, 2019
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10 - January 24, 2019
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 - January 25, 2019
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte - January 26, 2019
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood - January 27, 2019
- Vraag 16: Wat is afgodery? - January 28, 2019
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 - January 29, 2019
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9 - January 30, 2019
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 - January 31, 2019
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20 - February 1, 2019
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte - February 2, 2019
- Gideon verruil God vir afgode - February 3, 2019
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? - February 4, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6 - February 5, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7 - February 6, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15 - February 7, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20 - February 8, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte - February 9, 2019
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag - February 10, 2019
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? - February 11, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32 - February 12, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70 - February 13, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21 - February 14, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10 - February 15, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte - February 16, 2019
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou - February 17, 2019
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig? - February 18, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6 - February 19, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6 - February 20, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18 - February 21, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8 - February 22, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte - February 23, 2019
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom! - February 24, 2019
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? - February 25, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4 - February 26, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17 - February 27, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4 - February 28, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3 - March 1, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte - March 2, 2019
- Die krag van die kruis - March 3, 2019
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? - March 4, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9 - March 5, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20 - March 6, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21 - March 7, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14 - March 8, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte - March 9, 2019
- Tien woorde van Troos - March 10, 2019
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? - March 11, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17 - March 12, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29 - March 13, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17 - March 14, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9 - March 15, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte - March 16, 2019
- As iemand nie van bo-af gebore word nie - March 17, 2019
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? - March 18, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2 - March 19, 2019
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28 - March 20, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20 - March 21, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24 - March 22, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte - March 23, 2019
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig - March 24, 2019
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? - March 25, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 - March 26, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6 - March 27, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14 - March 28, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6 - March 29, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte - March 30, 2019
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom - March 31, 2019
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? - April 1, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10 - April 2, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30 - April 3, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8 - April 4, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17 - April 5, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte - April 6, 2019
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof - April 7, 2019
- Vraag 26: Wat is die Vader? - April 8, 2019
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7 - April 9, 2019
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16 - April 10, 2019
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6 - April 11, 2019
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 - April 12, 2019
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte - April 13, 2019
- Ek is doodsbenoud - April 14, 2019
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019 - April 15, 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun? - April 29, 2019
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11 - April 30, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16 - May 1, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 - May 2, 2019
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7 - May 3, 2019
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte - May 4, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? - May 6, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38 - May 7, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5 - May 8, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5 - May 9, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18 - May 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte - May 11, 2019
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna - May 12, 2019
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? - May 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22 - May 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11 - May 15, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25 - May 16, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18 - May 17, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte - May 18, 2019
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56 - May 19, 2019
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? - May 20, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20 - May 21, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18 - May 22, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12 - May 23, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24 - May 24, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte - May 25, 2019
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3 - May 26, 2019
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? - May 27, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7 - May 28, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3 - May 29, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11 - May 30, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34 - May 31, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte - June 1, 2019
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11 - June 2, 2019
- Blaaskans vir Pinkster - June 3, 2019
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? - June 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24 - June 11, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10 - June 12, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9 - June 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8 - June 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte - June 15, 2019
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18 - June 16, 2019
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? - June 17, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2 - June 18, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14 - June 19, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23 - June 20, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14 - June 21, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte - June 22, 2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1 - June 23, 2019
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? - June 24, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16 - June 25, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16 - June 26, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13 - June 27, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8 - June 28, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte - June 29, 2019
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 - June 30, 2019
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? - July 1, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 - July 2, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12 - July 3, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17 - July 4, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19 - July 5, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte - July 6, 2019
- God-flavors en God-colors - July 7, 2019
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing? - July 8, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6 - July 9, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 - July 10, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8 - July 11, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21 - July 12, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte - July 13, 2019
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14 - July 14, 2019
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? - July 15, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36 - July 16, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12 - July 17, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10 - July 18, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8 - July 19, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte - July 20, 2019
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 - July 21, 2019
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? - July 22, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15 - July 23, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12 - July 24, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11 - July 25, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13 - July 26, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte - July 27, 2019
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper - July 28, 2019
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? - July 29, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14 - July 30, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5 - July 31, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10 - August 1, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23 - August 2, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte - August 3, 2019
- Hoe “praat” die Heilige Gees? - August 4, 2019
- Vraag 40: Wat is gebed? - August 5, 2019
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9 - August 6, 2019
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8 - August 7, 2019
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21 - August 8, 2019
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17 - August 9, 2019
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte - August 10, 2019
- Tien gebede van Nehemia - August 11, 2019
- Vraag 41: Hoe moet jy bid? - August 12, 2019
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2 - August 13, 2019
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20 - August 14, 2019
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22 - August 15, 2019
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14 - August 16, 2019
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 17, 2019
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8 - August 18, 2019
- Vraag 42: Wat moet jy bid? - August 19, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11 - August 20, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 - August 21, 2019
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27 - August 22, 2019
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27 - August 23, 2019
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 24, 2019
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7 - August 25, 2019
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader? - August 26, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13 - August 27, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13 - August 28, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22 - August 29, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46 - August 30, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte - August 31, 2019
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15 - September 1, 2019
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes? - September 2, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24 - September 3, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3 - September 4, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34 - September 5, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2 - September 6, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 7, 2019
- Laat u wil geskied - September 8, 2019
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes? - September 9, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 - September 10, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15 - September 11, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18 - September 12, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13 - September 13, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 14, 2019
- Vertrou op die kragtige hand van God - September 15, 2019
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk? - September 30, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16 - October 1, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18 - October 2, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20 - October 3, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33 - October 4, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte - October 5, 2019
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië - October 6, 2019
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - October 7, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9 - October 8, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5 - October 9, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1 - October 10, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14 - October 11, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte - October 12, 2019
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 - October 13, 2019
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug? - October 14, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19 - October 15, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20 - October 16, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 - October 17, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20 - October 18, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte - October 19, 2019
- Reik uit na dié wat teen jou sondig - October 20, 2019
- Vraag 49: Wat is die sakramente? - October 21, 2019
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12 - October 22, 2019
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58 - October 23, 2019
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29 - October 24, 2019
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12 - October 25, 2019
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte - October 26, 2019
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14 - October 27, 2019
- Vraag 50: Wat is die doop? - October 28, 2019
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5 - October 29, 2019
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20 - October 30, 2019
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6 - October 31, 2019
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21 - November 1, 2019
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte - November 2, 2019
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne - November 3, 2019
- Vraag 49: Wat is die nagmaal? - November 4, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47 - November 5, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12 - November 6, 2019
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34 - November 7, 2019
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9 - November 8, 2019
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte - November 9, 2019
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23 - November 10, 2019
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? - November 11, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36 - November 12, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17 - November 13, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16 - November 14, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30 - November 15, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte - November 16, 2019
- Die belofte van die ewige lewe - November 17, 2019
- Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar - January 10, 2023
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
johanb
Dankie Chris vir die pragtige stukkie oor die koninklike bladmusik – dit is die eerste keer dat ek dit so sien – ons moet die “note” reg lees en “speel” in ons lewens en onder leiding van Sy gees dan sal ons saam pragtige musiek maak wat die Koning graag sal will hoor – prys die Here.
“aan hulle vrugte (die musiek wat hulle voortbring) sal julle hulle ken”
JacquesT
Dankie, vir jou getroue en reguit praat metode. Laat die een sonder sonde die eerste klip optel. Ons almal is net vlees en bloed. Ek glo dat dit n baie groot verantwoordelikhied is om die “Skrif” uitle. Dankie vir die konteks en dat jy nie doekies om draai wanneer dit oor ons almal gaan wat sonde pleeg nie.