Skip to main content

Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9

Ek is verstom oor wat julle gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hóm wat julle deur Christus se genade na Hom toe geroep het! Julle het julle ore uitgeleen vir ’n ander “Goeie Nuus”. Maar daar is geen ander Goeie Nuus nie! Al wat daar is, is ’n paar mense wat julle deurmekaarmaak, ja, wat die Goeie Nuus van Christus wil verdraai. Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ’n boodskapper uit die hemel wees. Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het! (NLV)

Let op dat Paulus hierdie brief nie soos gebruiklik met ’n dankie-sê begin nie.  In al sy vorige briewe  is daar ’n dankwoord vir die gemeente.  In sy brief aan die Tessalonisense dank hy God vir hulle geloof, hoop en liefde en aan die Korintiërs vir hulle gawes.  Trouens in al sy ander briewe is daar ’n dankwoord vir die gelowiges van een of ander aard: vir hulle geloof (Romeine), vir hulle samewerking in die evangelie (Filippense), vir liefde en trou (Filemon), vir hulle geloof en liefde wat vrug dra (Kolossense, Efesiërs).

Paulus begin hier in sy brief aan die Galasiërs egter onmiddellik met sy bekommernis oor hulle dat hulle so gou afvallig geword het en ’n ander evangelie aangeneem het.  En hy spreek ’n dubbele vloek uit oor enigiemand wat ’n ander evangelie verkondig as hy. 

1. Hoekom dink jy is Paulus só skerp en onverbiddellik in sy brief aan die Galasiërs?

2. Wat dink jy is die kern van die evangelie – die Goeie Nuus? Beleef jy ‘n konflik met ander wat ‘n “ander evangelie” verkondig? Wat doen dit aan jou? Hoe hanteer jy dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat daar net een evangelie is en dat jy geroep is om daaraan getrou te leef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 1 sowel as my bydrae daaroor: Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar