Skip to main content

Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte

1. Lees die Nederlandse Geloofsbelydenis 35, Heidelbergse Kategismus 75-82, en Westminster Geloofsbelydenis 29. Wat leer jy oor die nagmaal? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 35

DIE HEILIGE NAGMAAL

Ons glo en bely dat ons Verlosser, Jesus Christus, die sakrament van die heilige nagmaal beveel en ingestel het om hulle te voed en te onderhou wat Hy reeds wederbaar en in sy huisgesin, die kerk, ingelyf het. Nou het dié wat weergebore is, tweërlei lewe in hulle: die een liggaamlik en tydelik, wat hulle van hulle eerste geboorte saamgebring het en wat alle mense besit; die ander geestelik en hemels, wat aan hulle gegee word in die tweede geboorte, wat deur die Woord van die evangelie in die gemeenskap van die liggaam van Christus plaasvind. Almal deel nie in hierdie lewe nie, maar slegs die uitverkorenes van God. So het God tot instandhouding van die liggaamlike en aardse lewe vir ons aardse en gewone brood voorsien; dit dien die lewe en behoort, soos die lewe self, aan almal.

Maar om die geestelike en hemelse lewe wat die gelowiges besit, in stand te hou het Hy vir hulle ‘n lewende brood gestuur wat uit die hemel neergedaal het, naamlik Jesus Christus. Hy voed en onderhou die geestelike lewe van die gelowiges wanneer Hy geëet, dit wil sê deur die geloof geestelik toegeëien en ontvang word. Om hierdie geestelike en hemelse brood vir ons af te beeld het Christus aardse en sigbare brood as ‘n teken van sy liggaam en wyn as ‘n teken van sy bloed ingestel.

Hy gee ons daarmee dit te kenne: so waarlik as wat ons die sakrament ontvang en in ons hande hou en dit met ons mond eet en drink en dit daarna ons lewe in stand hou, net so waarlik ontvang ons vir ons geestelike lewe in ons siele deur die geloof – dit is die hand en mond van ons siel – die ware liggaam en die ware bloed van Christus, ons enigste Verlosser.

Dit staan dus bo alle twyfel vas dat Jesus Christus nie tevergeefs sy sakramente vir ons voorgeskryf het nie; Hy doen immers in ons alles wat Hy vir ons deur hierdie heilige tekens voor oë stel, al gaan dit ons verstand te bowe en is dit vir ons onbegryplik hoe dit gebeur, net soos die werking van die Heilige Gees ondeurgrondelik en onbegryplik is. Tog dwaal ons nie as ons sê dat wat deur ons geëet en gedrink word, die eie en natuurlike liggaam en die eie bloed van Christus is nie; maar die manier waarop ons dit nuttig, is nie met die mond nie maar met die Gees deur die geloof. Daarom, al bly Christus altyd aan die regterhand van sy Vader in die hemel sit, hou Hy tog nie op om ons deur die geloof aan Homself deel te laat hê nie. Hierdie feesmaal is ‘n geestelike maaltyd waar Christus Homself met al sy weldade aan ons meedeel en waar Hy ons Homself en die verdienste van sy lyding en sterwe laat geniet. Hy voed, versterk en vertroos ons arme troostelose siel as ons sy liggaam eet, en Hy verkwik en herstel dit as ons sy bloed drink. Verder, hoewel die sakramente én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die goddelose mens ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie; Hy word slegs aan die gelowiges gegee.

Ten slotte, ons ontvang die heilige sakrament in nederigheid en met eerbied in die samekoms van die volk van God, waar ons met danksegging ‘n heilige gedagtenis aan die dood van Christus ons Verlosser onderhou en belydenis van ons geloof en van die Christelike godsdiens doen. Daarom behoort niemand daarheen te gaan as hy homself nie eers deeglik ondersoek het nie, sodat hy nie tot sy eie oordeel eet en drink as hy van hierdie brood eet en uit hierdie beker drink nie (1 Kor. 11:29).

Kortom, deur die gebruik van hierdie heilige sakrament word ons tot ‘n vurige liefde vir God en ons naaste beweeg. Daarom verwerp ons alle brousels en verwerplike versinsels wat mense by die sakrament bygevoeg en daarmee vermeng het, as ontheiligings daarvan. Ons verklaar dat ons tevrede moet wees met die verordening wat Christus en sy apostels ons geleer het, en ons sê dieselfde as wat hulle daarvan gesê het.

Matt. 26:26; Mark. 14:17; Luk. 22:19; 1 Kor. 11:24, 28; Joh. 3:6; 10:10; 5:25; 6:48, 51, 63; 1 Kor. 10:16, 27; Ef. 3:17; Joh. 6:35; Hand. 3:21; Mark. 16:14; Matt. 26:11; 1 Kor. 10:3-4; 11:29; Rom. 8:22; 2 Kor. 6:15; 1 Kor. 2:14; Hand. 2:42; 20:7.

Heidelbergse Kategismus 75-82

75 Vraag: Hoe word jy in die heilige nagmaal daarop gewys en daarvan verseker dat jy aan die enige offerande van Christus aan die kruis en aan al sy weldade deel het?

Antwoord: Christus het my en alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis van hierdie gebreekte brood te eet en van hierdie beker te drink. Daarby het Hy beloof (a), Ten eerste, dat sy liggaam so seker vir my aan die kruis geoffer en gebreek, en sy bloed vir my gestort is, as wat ek met my oë sien dat die brood van die Here vir my gebreek en die beker aan my gegee word. Ten tweede, dat Hy self my siel met sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed net so seker vir die ewige lewe voed en verkwik as wat ek die brood en die beker van die Here, as ontwyfelbare tekens van Christus se liggaam en bloed, uit die hand van die bedienaar ontvang en met die mond geniet.

(a) Matt 26:26-28; Mark 14:22-24; Luk 22:19, 20; 1 Kor 10:16, 17; 11:23-25; 12:13.

76 Vraag: Wat beteken dit om die gekruisigde liggaam van Christus te eet en sy bloed wat vergiet is, te drink?

Antwoord: Dit beteken nie slegs om met ‘n gelowige hart die hele lyding en sterwe van Christus aan te neem en daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe te verkry nie (a). Dit beteken boonop om deur die Heilige Gees, wat tegelyk in Christus en in ons woon, al hoe meer so met sy geseënde liggaam verenig te word (b), dat ons vlees van sy vlees en been van sy gebeente is (c); al is Christus nou in die hemel (d) en ons op die aarde. Dit wil se dat ons deur een Gees – soos die ledemate van die liggaam deur een siel – ewig lewe en geregeer word (e).

(a) Joh 6:35, 40, 47, 48, 50, 51, 53, 54. (b) Joh 6:55, 56. (c) Ef 5:29, 30; 3:16; 1 Kor 6:15; 1 Joh 3:24; 4:13. (d) Kol 3:1; Hand 3:21; 1 Kor 11:26. (e) Joh 6:57; 15:1-6; Ef4:l5, l6.

77 Vraag: Waar het Christus beloof dat Hy die gelowiges so seker met sy liggaam en bloed sal voed en verkwik as wat hulle van hierdie gebreekte brood eet en uit hierdie beker drink?

Antwoord: By die instelling van die nagmaal wat soos volg lui (a): “In die nag waarin Hy verraai is, het die Here Jesus brood geneem, en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: `Neem, eet, dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle van hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom” (1 Kor 11:23-26). Hierdie belofte word ook herhaal deur Paulus waar hy sê: “Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood” (1 Kor 10:16, 17).

(a) Matt 26:26-28; Mark 14:22-24; Luk 22:19, 20.

78 Vraag: Verander die brood en wyn dan in die werklike liggaam en bloed van Christus?

Antwoord: (a) Nee, maar soos die water by die doop nie in die bloed van Christus verander of die afwassing van sonde self is nie, maar slegs ‘n Goddelike teken en versekering daarvan (b), so verander die brood by die nagmaal nie in die liggaam van Christus self nie (c). Ooreenkomstig die aard en gebruik van die sakramente word die brood egter die liggaam van Christus genoem (d).

(a) Matt 26:29. (b) Ef 5:26; Tit 3:5. (c) 1 Kor 10:16; 11:26. (d) Gen 17:10, 11; Eks 12:11, 13; 13:9; 1 Pet 3:21; 1 Kor 10:3, 4.

79 Vraag: Waarom noem Christus dan die brood sy liggaam en die beker sy bloed of die nuwe Testament in sy bloed en waarom noem Paulus dit die gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus?

Antwoord: Daar is gewigtige redes waarom Christus so sê: Hy wil ons daarmee leer dat, soos brood en wyn die tydelike lewe onderhou, so voed sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed, as die egte voedsel en drank, ons siele vir die ewige lewe (a). Verder wil Hy ons deur hierdie sigbare tekens en waarborge veral verseker dat ons net so seker deur die werking van die Heilige Gees aan sy ware liggaam en bloed deel kry as wat ons hierdie heilige tekens met die liggaamlike mond tot sy gedagtenis ontvang (b). Hy verseker ons ook dat al sy lyding en gehoorsaamheid so seker ons eie is asof ons self in eie persoon alles gely en die skuld vir ons sondes aan God ten volle betaal het.

(a) Joh 6:55. (b) 1 Kor 10:16.

80 Vraag: Wat is die onderskeid tussen die nagmaal van die Here en die Roomse mis?

Antwoord: Die nagmaal betuig aan ons dat ons volkome vergewing van al ons sondes het, ter wille van die enige offer van Jesus Christus wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring het (a), en dat ons deur die Heilige Gees in Christus ingelyf word (b), wat nou na sy menslike natuur in die hemel aan die regterhand van die Vader (c) is en daar deur ons aanbid wil word (d). Die Roomse mis, daarenteen, leer dat die lewendes en die gestorwenes nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die priesters geoffer word. Verder dat Christus liggaamlik in die brood en wyn aanwesig is en derhalwe daarin aanbid moet word. Die mis is dus in wese niks anders nie as ‘n verloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus en ‘n afgodery wat vervloek is (e).

(a) Heb 10:10, 12; 7:26, 27; 9:12, 25; Joh 19:30; Matt 26:28; Luk 22:19. (b) 1 Kor 10:16, 17; 6:17. (c) Joh 20:17; Kol 3:1; Heb 1:3; 8:1. (d) Matt 6:20, 21; Joh 4:21; Luk 24:52; Hand 7:55; Kol 3:1; Fil 3:20; 1 Tess 1:10. (e) Heb 9:26;10:12, 14.

81 Vraag: Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom?

Antwoord: Hulle wat vanweë hulle sondes ‘n afkeer van hulleself het, maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is; en die wat ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter. Maar die huigelaars en die wat hulle nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink ‘n veroordeling oor hulleself (a).

(a) 1 Kor 11:28; 10:19-22.

82 Vraag: Moet die mense ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is?

Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van die koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

(a) 1 Kor 11:20, 34; Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.

Westminster Geloofsbelydenis 29

The Lord’s Supper

1. The night Jesus was betrayed he instituted the sacrament of his body and blood, called the Lord’s supper, to be observed in his church until the end of the world as a perpetual remembrance of his sacrifice in death and as the seal of all the benefits of that sacrifice for true believers. It also signifies the spiritual nourishment and growth of believers in Jesus and their additional commitment to perform all the duties they owe him. Finally it is a bond and pledge of believers’ communion with Jesus and with each other as members of his mystical body.1

1. 1 Cor 11.23-26, 10.16-17, 21, 12.13, Mt 26.26-27, Lk 22.19-20.

2. In this sacrament Christ is not offered up to his Father, nor is any actual sacrifice made for the remission of sins of the living or the dead.2 Rather, this sacrament commemorates Christ’s offering up of himself, by himself, on the cross once for all, and it spiritually offers up to God every possible praise for that sacrifice.3 Consequently the so-called sacrifice of the Roman Catholic mass does detestable injustice to Christ’s one sacrifice, which is the only propitiation for all the sins of the elect.4

2. Heb 9.22, 25-26, 28.

3. 1 Cor 11.24-26, Mt 26.26-27, Lk 22.19-20.

4. Heb 7.23-24, 27, 10.11-12, 14, 18.

3. In the administration of the Lord’s supper Jesus has directed his ministers to declare to the congregation his words instituting this sacrament, to pray, and to bless the bread and wine, which are thus set apart from their ordinary use and put to holy use. His ministers are to take and break the bread, to take the cup, and (communicating themselves, too) to give both to the communicants—but not to anyone else not present at that time in the congregation.5

5. Mt 26.26-28, Mk 14.22-24, Lk 22.19-20, 1 Cor 11.23-27; see citations under Sections 1 and 2, Acts 20.7, 1 Cor 11.20.

4. Practices contrary to the nature of this sacrament and to the institution of it by Christ are private masses or receiving the sacrament alone from a priest or anyone else;6 denying the cup to the congregation;7 and worshiping the bread and wine themselves by lifting them up or carrying them around for adoration or reserving them for any counterfeit religious use.8

6. 1 Cor 10.6, 1 Tm 1.3-4.

7. Mk 4.23, 1 Cor 11.25-29.

8. Mt 15.9; there is not the least appearance of a warrant for any of these things, either in precept or example, in any part of the word of God; see all the places in which the ordinance is mentioned.

5. The bread and wine in this sacrament, properly set apart to the uses ordained by Christ, so relate to him crucified that truly and yet only sacramentally they are sometimes called by the name of what they represent, that is, the body and blood of Christ.9 Even so, they still remain in substance and nature only bread and wine, as they were before their sacramental use.10

9. Mt 26.26-28.

10. 1 Cor 11.26-28, Mt 26.29.

6. The teaching that the substance of the bread and wine is changed into the substance of Christ’s body and blood (usually called transubstantiation) by the consecration of a priest or any other means is objectionable not only to Scripture but even to common sense and reason. Such The Lord’s Supper teaching overturns the nature of the sacrament and has been and is the cause of much superstition and indeed flagrant idolatry.11

11. Acts 3.21, 1 Cor 11.24-26, Lk 24.6, 39; these statements are inferences from the doctrine of the sacraments and do not require specific Scripture proofs.

7. Worthy receivers, physically partaking of the visible substances of this sacrament, do then also by faith actually and in fact, but not physically or bodily, spiritually receive and feed on Christ crucified and on all the benefits of his death. The body and blood of Christ are not then bodily or physically in, with, or under the bread and wine; but they are actually spiritually present to the faith of believers in the administration of this sacrament, just as the bread and wine are physically present.12

12. 1 Cor 11.28, 5.7-8, 10.16,3-4, Jn 6.53,58; see note under Section 6 above.

8. Although ignorant or wicked men may partake of the physical substances in this sacrament, they do not receive what is signified by them. However, by their unworthy coming to the Lord’s table they are guilty of his body and blood and bring judgment upon themselves. Therefore, just as the ignorant and ungodly are not fit to enjoy communion with Christ, neither are they worthy to come to the Lord’s table, and, as long as they remain ignorant and ungodly, they cannot and must not be allowed to partake of the holy mystery of communion without committing a great sin against Christ.13

13. 1 Cor 11.27-29, 2 Cor 6.14-16, 1 Cor 10.21, 5.6-7,13, 2 Thes 3.6,14-15, Mt 7.6.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die nagmaal.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar