Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar

Jy kan in hierdie kursus deur 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees werk. Elke week word een vraag behandel in 7 dagstukkies. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd. Daar is ook een bydrae ‘n week vir kleingroepe wat dit in hulle byeenkomste wil gebruik.

Die kursus werk deur die grondbeginsels van die Christelike geloof. Elke antwoord op die onderskeie vrae word aangevul met vier of meer aanhalings uit die Bybel. Daar is ook verwysings na en aanhalings uit die Gereformeerde belydenisskrifte wat die antwoorde in ons Christelike tradisie begrond. Dit is egter gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ’n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.

Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys (jy kan dit aflaai deur op die skakels te klik): Apostoliese GeloofbelydenisGeloofsbelydenis van Nicea en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (hier is ‘n kort inleiding daarop) en die Westminster Confession of Faith. Daar is ook ’n paar verwysings na die Westminster Shorter Catechism.

Elke week werk soos volg:

Dag 1. ‘n Vraag en my antwoord daarop – met verdere besprekingsvrae – wat ook as kleingroepmateriaal gebruik kan word.

Dag 2-5. Vier tekste uit die Bybel wat my antwoord ondersteun.

Dag 6. Aanhalings uit die belydenisskrifte wat my antwoord ondersteun.

Dag 7. ‘n Boodskap wat die antwoord verder verduidelik.

Skryf hier in

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Chris, Baie dankie vir die reeks oor Job. Dit het vir my persoonlik geweldig baie beteken. Groete en sterkte met komende Bybelstudies.

  • Hannes Terblanche

    Goeie middag Dr van Wyk, Ek wil bitter graag registreer vir, Wie is God? wat nou in kursusformaat beskikbaar is. Die skakel in die epos wat ek vanoggend van u ontvang het laat my nie toe om te registreer nie. Kan u my asseblief help? Baie dankie.

    • Hi Hannes – die skakel werk inderdaad nie, en ek sal vir eers almal direk registreer. Ek het jou as user geregistreer en as student bygevoeg by die kursus. Gaan na https://bybelskool.com/course/wie-is-god/, klik op enige les, login met die username en password wat vir jou gestuur is, en jy sal die kursus kan volg. Laat weet my as daar verdere probleme is.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: