Skip to main content

Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27

Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle die Israeliete seën: “Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee.” So sal hulle My aan die Israeliete verbind en Ek sal hulle seën. (NLV)

1. Die Aäronitiese seën was die Here se verbintenis aan die volk dat Hy vir hulle sou sorg met die omvattende beskerming, genade en vrede van sy teenwoordigheid, wat verhoring van gebede en geloftes sou insluit. Watter impak het dit vandag nog op jou?

2. Die seën was bedoel vir die gereelde, normale gebede en aanbidding sowel as die ongereelde, abnormale situasies waarin die volk hulle van tyd tot tyd in hulle verhouding met mekaar sou bevind. In Afrikaans lui dit, meer direk vertaal, as volg:

“Die Here seën jou en beskerm jou.

Die Here se gesig skyn oor jou en Hy is jou genadig.

Die Here lig sy gesig op oor jou en Hy gee aan jou vrede.”

Johannes koppel dit aan Jesus se vrede wat Hy vir ons belowe vóór sy kruisiging (Joh. 14:27; 16:33) en ná sy opstanding (Joh. 20:19).  Hy verbind elemente daarvan ook aan Jesus se wederkoms en God se teenwoordigheid in die nuwe hemel en aarde: “die Here God sal hulle verlig” (Openb. 22:5). Dieselfde geld Paulus se Trinitariese seën in die bekende seëngroet aan die einde van sy tweede brief aan die Korinte: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.” (2 Kor. 13:13). Kan jy dié seën meer gereeld in jou gebede gebruik? Waarvoor en vir wie?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van hierdie Aäronitiese seën in jou en jou geloofsgemeenskap se lewe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Numeri 6 en my bydrae daaroor: Numeri 6 – Die impak van geloftes aan en die seën van die Here.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda