Skip to main content

Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27

Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer. (NLV)

1. Jesus verduidelik die Skrif deur alles in die wet en die profete – die OT – met betrekking tot sy bediening te interpreteer vir die Emmausgangers. Oordink die blywende betekenis van die OT vir jou lewe. Watter gedeeltes in die OT laat jou vir Jesus beter verstaan?

2. Loof die Here vir die wonder van die OT se boodskap wat die blywende basis bly vir God se Woord aan ons.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die OT.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Lukas 24 en my bydrae daaroor: Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar