Skip to main content

Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die lees van die Bybel? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 7

Artikel 7

DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF

Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal. 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut. 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike Skrif gelykstel nie; ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps. 62:10). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê:  …maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is’ (1 Joh. 4: 1), en: ‘As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie…’ (2 Joh. :10).

2 Tim. 3:17; 1 Pet. 1:11-12; Spr. 30:6; Gal. 3:15; Op. 22:18; 1 Tim. 1:3; Gal. 1:8-11; 1 Kor. 15:2; Hand. 26:22; Rom. 15:4; Hand. 18:28-29; 1 Pet. 4; Luk. 11:13; 2 Tim. 3:24; 2. Tim. 1:13; Kol. 2:8; Hand. 4:19; Joh. 3:13; 2 Pet. 2:16; Joh. 15:15; 1 Joh. 1:5; Hand. 20:27; 2 Joh. 1; Joh. 4:25; Deut. 12:32; Heb. 8:9; Matt. 15:3; 17:5; Mark. 7:7; Jes. 1:12; Hand. 1:21; Rom. 3:4; Jes. 8:20; 2 Tim. 4:(3); 1 Kor. 1:13; 2:4; 3:11; 1 Pet. 5:12; 2 Tess. 2:2; Ps. 12:7; 19:8-9, 12; Deut. 4:6; 6:9,. Ef. 4:5; Joh. 5; Kol. 1:16, 18; 1 Kor. 8:6.

Westminster Geloofsbelydenis 1.6-7

6. The whole purpose of God about everything pertaining to his own glory and to man’s salvation, faith, and life is either explicitly stated in the Bible or may be deduced as inevitably and logically following from it.11Nothing is at any time to be added to the Bible, either from new revelations of the Spirit or from traditions of men.12Nevertheless we do recognize that the inward illumination of the Spirit of God is necessary for a saving understanding of the things which are revealed in the word.13We also recognize that some provisions for the worship of God and the government of the church are similar to secular activities and organizations; these are to be directed according to our natural understanding and our Christian discretion and should conform to the general rules of the word, which are always to be observed.14

11. Mk 7.5-7.

12. 2 Tm 3.15-17, Gal 1.8-9, 2 Thes 2.2. This statement is an inference from the sufficiency of the Scriptures.

13. Jn 6.45, 1 Cor 2.9-10, 12.

14. 1 Cor 11.13-14, 14.26,40.

7. The meanings of all the passages in the Bible are not equally obvious, nor is any individual passage equally clear to everyone.15However, everything which we have to know, believe, and observe in order to be saved is so clearly presented and revealed somewhere in the Bible that the uneducated as well as the educated can sufficiently understand it by the proper use of the ordinary means of grace.16

15. 2 Pt 3.16, Jn 6.60, 16.17.

16. Ps 119.105, 130, Acts 17.11-12.

Westminster Korter Kategismus 90

90. How is the Word to be read and heard, that it may become effectual to salvation?

That the Word may become effectual to salvation, we must attend thereunto with diligence, preparation, and prayer;treceive it with faith and love, lay it up in our hearts, and practice it in our lives.u

t. Deut. 6:16ff; Ps. 119:18; 1 Pet. 2:1–2.

u. Ps. 119:11; 2 Thess. 2:10; Heb. 4:2. James 1:22-25

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar