Skip to main content

Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21

Die redding in die ark is ’n voorteken van die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop red julle deur die opstanding van Jesus Christus. Die doop is nie ’n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ’n pleit voor God dat jou gewete skoon bly. (NLV)

Petrus verenig in hoofstuk drie van sy eerste brief twee groot tradisies van die OT: God se seën en God se verlossing.

Aan die een kant spel Petrus die implikasies van God se seën uit: “Wees mense wat seën omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.” Soos God ons geseën het, moet ons ander ook seën, selfs wanneer ons met dwase en onkundige mense te doene het, selfs waar ons ly onder die boosheid van mense en sisteme. Die lyding wat ons só ervaar is in die groter prentjie van die lewe van minder belang as ‘n mens dit opweeg teen die ewige heerlikheid van die seën wat vir ons as erfdeel hierna wag.

Aan die ander kant spel Petrus die implikasies van God se verlossing uit en koppel dit aan die boodskap en betekenis van die doop: “Die doop dien … as ‘n pleit voor (gebedsversoek tot) God dat jou gewete skoon sal bly, op grond van die opstanding van Jesus Christus.” Die doop is dus ‘n bevestiging aan ons dat ons kan staatmaak op God se bevrydende werk in ons lewe, dat Hy ons sal beskerm, soos Noag dit eenmaal ervaar het met die ark op die waters. God laat ons nooit alleen nie, en sal ons bevry, ook in hierdie lewe, en uiteraard volledig in die lewe wat kom.

1. Watter verband sien jy tussen Noag se ark en die doop?

2. Help die doop jou om God se beskermende hand in jou lewe raak te sien? Watter betekenis het die doop vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou doop ‘n bevestiging van God se beskerming is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 3 sowel as my bydrae daaroor: 1 Petrus 3 – Wees mense wat seën, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar