Skip to main content

Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8

Dis my begeerte om u wil te doen, my God, want u voorskrifte is in my hart. (NLV)

Die mense het die skrywer Esra gevra om die wetboek van Moses waarin die bevele van die Here vir Israel was, te bring. Op die plein voor die Waterpoort het hy daaruit voorgelees vir almal wat kon verstaan. Hy het van vroeg die môre af tot die middag toe daaruit vir hulle voorgelees. Almal het baie aandagtig na die wetboek geluister. Die Leviete het die gebooie uitgelê aan die mense wat daar gestaan het. Hulle het uit God se wetboek voorgelees en mooi verduidelik wat dit beteken. Hulle het seker gemaak die mense verstaan wat gelees is. (NLV)

1. Dawid leer ons dat ons die Bybel moet lees met die vaste begeerte om te doen wat daarin staan. Wat staan vir jou uit van die beskrywing van die Jode se lees van die Bybel? Wat leer jy daaruit?

2. Die doel van die lees van die Bybel is dat God se voorskrifte in ons hart kom lê. Loof die Here dat sy Gees ons harte deur die Bybel verander.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om die Bybel te lees vir hartsverandering.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 40 en Nehemia 8 sowel as my bydraes daaroor: Psalm 40 – U woord is my hele lewe en Nehemia 8 – Esra help die volk om mense van die Boek te word.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar