Skip to main content

Wat is die doop? – Romeine 6:1-5

Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voort lewe! Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe. (NLV)

Paulus werk in Romeine 6 met twee waarhede. In Christus is ons 1) dood vir die sonde en die mag daarvan en 2) lewend vir God. God en die sonde word as’t ware as twee magte of kragvelde geteken wat teenoor mekaar staan.  Ons is uit die kragveld van die sonde geneem en geplaas in die kragveld van God.  En dit is waar ons moet lewe, in die kragveld van God.

Hierdie twee waarhede word aan ons deur die doop verkondig. Deur die doop kry ons deel aan Christus se kruisdood vir die sonde en sy opstanding om te lewe vir God.

Dit het twee implikasies vir ons daaglikse lewe. 1) Ons kan nie meer in die sonde voortlewe nie. 2) Ons is nou in diens van wat God wil.

1. Wat beteken jou doop vir jou?

2. Hoe lyk jou nuwe lewe in die praktyk? Waarin moet jy nog groei?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy vir die sonde dood is en vir God lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 6 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar