Skip to main content

Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30

‘n Simbool vir die Trinitariese karakter van die Geloofsbelydenis van Nicea

Hoofsaak is dat julle leefstyl moet pas by die Goeie Nuus van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie. Ek sal hoor dat teenstanders julle glad nie afskrik nie. Vir hulle is dit ’n bewys dat hulle verlore gaan, maar vir julle is dit ’n bewys dat God self julle red! Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort. (NLV)

1. Paulus beklemtoon hier jou leefstyl moet pas by jou geloof in en belydenis van die Goeie Nuus van Christus. Hoekom is dit so noodsaaklik?

2. Dit is wonderlik om deel van ‘n span gelowiges te wees wat stry vir ons geloof in die evangelie. Watter waarde het dit vir jou persoonlik? Watter waarde het dit vir die teenstanders?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat geloof baie spesiaal is. Dit vra van jou ‘n leefstyl wat pas by die stryd vir die evangelie.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Filippense 1 en my bydrae daaroor: Filippense 1:12-2:4 – Wees eensgesind na buite en na binne.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar