Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17

Die gees wat julle ontvang het, is nie ’n gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid. (NLV)

1. Die laaste teks hierdie week oor God se Vaderskap kom uit die NT. Paulus beklemtoon die innerlike getuienis van die Heilige Gees dat ons kinders van God is. Dit maak ons erfgename van God. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. Wat beteken dit alles vir jou?

2. Paulus is helder daaroor dat hierdie kindskap ook lyding inhou. Hoe hou dit verband met die heerlikheid van ons erfenis en rykdom?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se uitnemende gawe aan jou dat Hy jou sy kind noem.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Elizabeth Maartens

    More

    Ek het ‘n vraaag. Een van die die basiese Christelike waardes is liefde. In die lig hiervan is dit nodig vir Christene om eerder te kies vir vrede as vir oorlog. Tog is die Bybel gevul met geskiedenis wat daarop dui dat oorlog tog regverdig is. Hoe oordeel ‘n mens hieroor?

    • Hi Elizabeth, ja, dit is ‘n komplekse onderwerp. Ek het redelik uitvoerig daaroor geskryf in my hantering van Numeri: Ekskursie – geweld in die OT. Jy sal daar genoeg stof kry tot nadenke.

      Vandag is ons egter in die genadetyd van die Here waarin die geestelike oorlog geveg word teen die bose magte in die lug om mense uit die duisternis te wen vir die koninkryk van God se lig (Ef 6). Die wapens van ons stryd is dus geestelik.

      Maar, ons moet ook nie vergeet dat die beeld van God as ‘n Oorlogvoerder in die apokaliptiese dele van die NT, veral in die Openbaring aan Johannes, weer na vore kom waarin God se verlossende oordeel oor die wêreld deur die Lam aan die kruis wat ook die Leeu van Juda is, voltrek word. Die plae wat só ‘n belangrike rol gespeel het in God se oordeel oor farao en sy mense keer in Openbaring terug in die vorm van die seëls, trompette en bakke wat verskriklike ontwrigting en lyding regoor die wêreld veroorsaak het.

      Hierdie beeld van God pas dus naatloos by dié van Eksodus in waar God se volk uit hulle slawerny bevry is asook dié van Numeri en Josua waar Israel in ‘n “Heilige Oorlog” die land van sy afvallige inwoners gereinig het. Dit kom weer aan die einde van die tyd.

  • Chris,
    Ek wil weereens vir jou baie dankie sê vir die groot werk waarmee jy besig is in diens van die gelowiges.
    Ek kan egter steeds nie lekker vrede maak met die gedagte om van God as “wat” te praat nie. God is tog ‘n persoon en nie ‘n “iets”, soos by die heidene nie. Alles wat jy aanhaal en sê oor God, bevestig dat Hy “Iemand”is wat bv kinders het en en wat liefhet en dinge doen. God is ‘n Wie en nie ‘n Wat nie.
    In Ps 8 sê Dawid wel, “Wat is die mens!”, maar in daardie omstandighede is dit kollektief bedoel en nie die mens as ‘n persoon nie.
    Ag ek kry dit maar net van my hart af juis omdat ek soveel waardering vir jou en jou werk het.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: