Skip to main content

Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56

Dit bly darem ongelooflik dat die Joodse leiers dit regkry om ten spyte van Jesus se onskuld, die doodstraf vir Jesus te bewerkstellig. 

  • In die eerste verhoor deur die Joodse Raad self, vind hulle Hom skuldig aan iets wat hulleself nie glo nie, dat Hy sê dat Hy die Christus is (22:66-71). 
  • In die tweede verhoor deur Pilatus, die Romeinse goewerneur, kla die Jode Hom aan dat Hy beweer dat Hy ook die Koning is – ook iets waarin hulle nie glo nie – en bevind Pilatus Hom onskuldig (23:1-5), maar tog word Hy ook na ’n derde verhoor gestuur, dié deur Herodes.
  • In die derde verhoor deur die Joodse koning Herodes, maar ook onderdaan van die Romeinse ryk, verander Herodes se blydskap in veragting, toe Jesus nie vir hom wonderwerke wil doen nie, en dryf Herodes met Jesus die spot en stuur Hom terug na Pilatus (23:6-12).  Let op dat ook Herodes dié bewering dat Hy Koning is verwerp, en daarom eintlik nie ’n rede het om Hom sleg te behandel nie.
  • In die vierde verhoor (in wese ’n voorsetting van die tweede verhoor) is Pilatus eksplisiet in sy onskuldigbevinding (“geen grond vir die aanklag”) en tog swig hy onder die druk van die moordlustigheid van die Joodse leiers en gee Jesus in die teenwoordigheid van al die Jode, ook die skare wat so graag na Hom geluister het, oor om gekruisig te word (23:13-25).

Dat Jesus onskuldig gekruisig word, staan dus onbestrede, in die eerste plek deur die getuienis van Pilatus, maar ironies genoeg, ook in die tweede plek juis deur die optrede van die aanklaers, die Jode.  Hy, die Onskuldige, sterf vir ons, die skuldiges.

In drie verdere tonele beskryf Lukas:

  • Jesus se pad na die kruis (23:26-43), waar Jesus deur Simon van Sirene gehelp word (moontlik dieselfde persoon as Simeon wat later ’n leraar in Antiogië is – Hand 13:1), en Jesus ’n laaste lering gee vir dié wat oor sy naderende dood treur, en tot die redding kom van die een moordenaar wat langs Hom gekruisig word;
  • Jesus se dood aan die kruis (23:44-49) waar veral die heidense offisier wat die onskuld van Jesus bely, terwyl Jesus se vriende en die vroue toekyk, my tref;
  • Jesus se begrafnis na die gebeure van die kruis (23:50-56) waarmee sy fisiese dood onomwonde betuig word.  Nie net het Jesus gesterwe terwyl almal dit gesien het nie, sy dooie liggaam is regtig begrawe.  Let op hoe Lukas praat van die vroue wat gesien en gekyk het en dus daarvan kon getuig het.

Lukas sluit die lydenspad van Jesus af met die frase: “Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.”  Ironies genoeg was dit ook die tyd van God se herskeppingsproses, waar Hy op die sabbatdag die verlossing van die mensdom bewerk sodat op die Sondagmôre ’n nuwe bedeling kon begin met die opstanding van Jesus uit die dode.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!