Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32
Dit is die laaste week van Jesus se bediening. Hy het as die “profeet van Nasaret” Jerusalem binnegery op ‘n donkie. Met die Hosannas van die skare in sy ore en die takkies wat wuif (Matt 21:1-11).
Sy missie? Om die tempel te reinig. Dit het ‘n rowersnes geraak wat net om die ekonomiese voorspoed van die leiers en handelaars gedraai het. Van egte godsdiens en gebed was daar nie meer sprake nie.
Soos Jesus vir die Joodse leiers sê: “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing?” (aangehaal uit Ps 8:3). Waarmee hy implisiet die Joodse leiers aanspreek dat hulle die Bybel nie reg lees nie. En dat hulle nie bid nie. Kinders, sê Jesus, doen dit wel, maar die Joodse leiers nie. Waarskynlik ‘n verwysing na Jesus se dissipels en die mense wat Hom volg wat gelees en gebid het (Matt 21:12-17).
Jesus het reguit vir die leiers gesê dat hulle soos ‘n vyeboom is wat nie vrugte dra nie. Daarmee hulle nie maar net ‘n mens verontagsaam nie, maar God self. Jesus het immers met die gesag van God self gepraat.
En Jesus gee ‘n omvattende belofte aan elkeen wat met geloof bid. Waar dit in lyn is met die wil van sy Vader, waar hulle nie net hoor wat God sê nie, maar doen wat Hy vra, sal hulle ontvang wat hulle in gebed vra (Matt 21:18-22).
Om dié boodskap in te skerp vertel hy dan ‘n gelykenis. Die verhaal van twee seuns.
Wat dink julle hiervan?
28Maar wat dink julle? ’n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. 29En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan. 30Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie. 31Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God. 32Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.” (Matt 21:28-32)
Die eerste seun verteenwoordig bekeerde sondaars
Die eerste seun verteenwoordig bekeerde sondaars – tollenaars en hoere (vers 32). Mense wat eers vir God sê, nee, ek wil nie, maar dan tog later berou kry en doen wat God vra.
Dit is mense soos die tollenaar Matteus, ook Levi genoem (Mark 2:14; Luk 5:27), die skrywer van hierdie evangelie, wat nie net uiteindelik vir God ja gesê het nie, maar alles gelos het om vir Jesus te volg. Só het hy een van die groot apostels geword (Matt 9:9). Dit is mense soos Saggeus, die hooftollenaar wat die helfte van sy besittings vir die armes gee en regmaak wat hy van ander wederregtelik gevat het (Luk 19:1-10).
Dit is mense soos die vrou met die albaste fles met geurige duur salf wat Jesus se voete gesalf het, waarskynlik ‘n hoer, ‘n “sondige vrou” (Luk 7:36-50). Trouens, ook owerspeliges het by Jesus genade gekry en kon ‘n nuwe lewe lei, sonder sonde, nadat Hy haar vrygespreek het (Joh 8:1-11).
Interessant, die teks sê die eerste seun het van gedagte verander. Die Griekse woord metamelomai beteken om jou oortuiging te verander, om berou te kry oor jou manier van dink en daarom jou gedrag te verander.
Die eerste seun was duidelik ‘n rebel. Hy antwoord eintlik sy pa op ‘n baie dwars manier, sonder respek. “Nee, ek wil nie.” Maar, dan kom hy tot berouvolle inkeer. Hy bekeer hom van sy dwase antwoord, van sy onwilligheid om die wil van sy pa uit te voer, van sy eksplisiete ongehoorsaamheid aan sy pa. En hy stel sy ongehoorsaamheid reg deur sy pa se opdrag uit te voer, al het hy eers nee gesê daarvoor.
Die eerste seun raak die een wat hoor en doen. Hy voer die wil van sy pa uit, soos van alle gelowiges gevra word, om die wil van God uit te voer, soos Hy dit vra, nie soos jy dit besluit nie.
Soos Paulus later sou skryf, “eerste seuns” is mense wat nie net hulle: “liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer” nie, maar in hulle godsdiens streef daarna om: “nie aan hierdie wêreld gelykvormig” te word nie, maar: “verander (te word) deur die vernuwing van (hulle) gemoed, sodat (hulle) kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom 12:1-2)
Die tweede seun verteenwoordig die onbekeerde Joodse leiers
Die tweede seun verteenwoordig die onbekeerde godsdiensleiers – die priesterhoofde, familiehoofde, Fariseërs en skrifgeleerdes (vers 15,23,45). Die Joodse leiers.
Dis mense wat voorgee dat hulle die Bybel lees, maar vir seker nie om daaraan gehoorsaam te wees nie. Eerder om dit te verander. In te laat pas by hulle eie idee van wat goed en sleg is. En sover gaan om selfs die Bybel te verwerp, en die boodskap daarvan te ontkrag met hulle eie reëls. Mense wat voorgee dat hulle bid sodat ander hulle kan sien, maar nie met die gehoorsame geloof bid, die geloof waarop God antwoord nie.
Wat saak maak, is immers nie wat jy belowe nie, maar wat jy bewerk. Not promise, but performance. Dit is dié wat die wil van die Vader doen wat kinders van God is. Nie dié wat allerlei verskonings uitdink om God se wil te ontduik, en dan nog ander leer om dieselfde te doen nie.
Teenoor die eerste seun is die tweede seun natuurlik baie respekvol: “Ja, heer …”, hoor ‘n mens hom sê. ‘n Mens sou dink, hier is ‘n kind wat sy ouers eer, wat die vyfde gebod nakom.
Maar sy woorde beteken niks nie. Hy kom in werklikheid nie sover om sy pa te gehoorsaam nie. Hy doen nie wat sy pa gevra het nie. Hy werk nie in die wingerd nie. Hy slaan sy pa se woorde in die wind. Hy volg sy eie kop. Hy is per definisie skynheilig. Sy woorde en sy dade kom nie ooreen nie.
En só, sê Jesus, is julle, die Joodse leiers. Skynheilig. Hulle wou nie erken dat hulle sondig is en verlossing nodig het nie. Hulle het daarom hulle eie weergawe van die wet verkondig. Hulle het die eise daarvan versag. Hulle het die wette teen mekaar afgespeel – groter en kleiner, meer belangrik, minder belangrik. En hulle was gesteld op uiterlike vertoon, nie innerlike verootmoediging wat lei tot ‘n nuwe lewe en nuwe gedragspatrone nie. Hulle het dus nooit gedoen wat God van hulle vra nie.
Maar, as dit al was, kan ‘n mens dit nog aanvaar. Hulle benadeel eintlik net hulleself. Dit is hulle verlies. Maar, dit is nie al wat die Joodse leiers gedoen het nie. Hulle het ander met hulle saamgesleep, en gekeer dat sondaars tot berou en inkeer kom. Hulle het sondaars aangemoedig om in hulle sonde te volhard.
En dan spel Jesus dit uit vir die Joodse leiers. Julle sien dat sondaars tot bekering kom, dat hulle hulle gedagtes verander oor God en wat Hy vra, dat hulle kniel voor Hom in berou, en daadwerklik hulle lewe verander. Julle sien dit, maar dit verander op geen manier julle visie op daardie mense nie, en die verlossing wat God vir hulle gee nie. En julle kom self nie tot inkeer en word aan my wil gehoorsaam nie.
Johannes het met die boodskap van bekering gekom, sê Jesus, maar julle het hom nie geglo nie. Tollenaars en hoere het hulle lewens verander in my teenwoordigheid, maar ook dit het julle nie geglo nie. Selfs toe julle dit eerstehands ervaar het, het julle nie van gedagte verander nie.
Hoe tragies. Hoe blind.
Die waarheid kos Jesus se dood
Jesus vertel hierdie gelykenis in die volle wete dat hierdie waarheid sy dood sal kos, soos die volgende gelykenis van die boer en sy wingerd dit eksplisiet uitspel. Die boer se seun, God se seun, moet dit ontgeld, word doodgemaak, omdat die Joodse leiers nie wil toelaat dat mense tot bekering kom en God sy oes kan insamel onder die sondaars van hierdie wêreld nie.
Wat ‘n mens laat uitroep, hoe is dit moontlik dat ‘n mens dit oor jou hart kan kry om sondaars in hulle sonde te laat voortleef?! Hoe kan jy die reddende genade wat God bring om mense uit hulle sondige leefwyse te red sodat hulle heilig en onberispelik voor God kan lewe, hoe kan jy dit van mense af weghou?
Hoe kan ‘n mens soos die slang van ouds sê: “Het God regtig gesê?” Nee, dit werk eintlik só. Jy kan God se woorde nie letterlik opneem nie. Hy het nie regtig gesê jy sal doodgaan nie. Die eintlike interpretasie is dat jou oë sal oopgaan en jy tot ware insig oor alles sal kom. Die eet van die verbode vrugte is nie sonde nie. Dit is selfkennis. Dit sal jou verhef tot ‘n ander vlak. Jy sal soos god word deurdat jy tot volle kennis sal kom (Gen 3).
Die waarheid is egter dat die slang die tuin van Eden vir Adam en Eva gesluit het met sy raad. Só het die Fariseërs met hulle weiering om Jesus te erken as die Verlosser, die koninkryk van God vir hulleself gesluit, en deur hulle weiering dat die boodskap aan sondaars verkondig word, ook die koninkryk vir die sondaars gesluit.
Die koninkryk van God word vir onbekeerde sondaars toegesluit
Interessant, Jesus praat hier van die koninkryk van God, en nie van die koninkryk van die hemele, soos Matteus dit gewoonlik doen nie. Waarskynlik om te beklemtoon dat die Fariseërs die persoonlike verhouding met God in gedrang gebring het, wat nie net die hemele toegesluit het vir mense nie, maar die toegang tot God self.
Want, die boodskap van die Bybel (en ons belydenisskrifte) is dat dit net dié is wat hulle ellende voor God besef, hulle sondige afvalligheid, en met berou hulle toevlug neem tot hulle enigste Verlosser Jesus Christus, wat Hom dan met hulle hele lewe liefhet en gehoorsaam, wat die koninkryk van God sal binnegaan.
Wat met God in ‘n persoonlike verhouding sal kan leef. Wat sal ervaar: só was ons – ver van God en ver van ‘n heilige lewe, sondaars, tollenaars, hoere – maar nou is ons geheilig deur die bloed van Jesus Christus (1 Kor 6).
Wat weet, ons het van gedagte verander oor Jesus. Hy is die Verlosser van sondaars, van mense soos ons. En Hy het ons vergewe en ons lewens verander.
Die dubbele liefdesgebod is ‘n verklaring van die wet, nie ‘n verskraling daarvan nie
Ek is verontrus deur pogings vandag om sonde te reduseer tot ‘n oortreding van die dubbele liefdesgebod. Natuurlik is sonde ook die oortreding van die dubbele liefdesgebod.
Maar die dubbele liefdesgebod is ‘n verklaring van die bron van die wet en die wil van God. Dit is nie ‘n verskraling van die eise van die wet nie. Die dubbele liefdesgebod is die motivering agter die wet. Nie die uitrangering van die wet nie.
Dit is waarom die Here op soveel plekke in die OT en die NT vir ons uitspel watter dinge teen sy wil is. As Paulus sê: “geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie” (Ef 5:5), dan bedoel Paulus dit.
En voeg Paulus by: “Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.” (Ef 5:6). Niemand sal ontsnap nie. Niemand nie. Verskriklik is dit om te val in die hande van die lewende God.
Trouens, die opdrag aan ons as gelowiges in die gemeente is soos volg: “7Wees dan nie hulle deelgenote nie. 8Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.” (Ef 5:7-8)
Ons móét erns maak hiermee, sê Paulus: “9Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.” (Ef 5:9).
En ons word opgeroep: “10En beproef wat die Here welbehaaglik is. 11en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. 12Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.” (Ef 5:10-12)
Die koninkryk van God is vir dié wat die wil van die Vader doen
Die koninkryk van God is vir dié wat die wil van die Vader doen. Jesus is helder daaroor. Regdeur die evangelie van Matteus.
In die Bergrede sê Jesus: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” (Matt 7:21)
Dit is ‘n verbintenis wat dieper gaan as familiebande: “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” (Matt 12:50)
Daarom, sê Jesus, hier in Matteus 21, sal tollenaars en hoere voor die Joodse leiers die koninkryk van God binnegaan. Dit is die een wat gehoorsaam is, wat die wil van die Vader doen, wat die koninkryk van God sal binne gaan, al gebeur dit ook eers na ’n tyd van afvalligheid en rebellie.
Watter seun is jy?
Die vraag is vandag, watter seun is jy?
Is jy soos die eerste seun?
Die een wat gerebelleer het? Wat nie wou doen wat die Here gevra het nie? Die aanbod van Jesus is dat Hy die Verlosser is van sondaars. Dat Hy ook jou lewe sal verander as jy Hom gehoorsaam, as jy van gedagte verander, en begin om Hom te volg, in Woord en gebed en gehoorsaamheid in sy wingerd.
Is jy soos die tweede seun?
Die een wat ja gesê het, maar uiteindelik nie sover kom om die wil van God die Vader te doen nie, soos Hy dit in die Woord uitspel. Wat selfs aan ander verkondig dat hulle nie hoef te doen wat die Woord sê nie. Wat die Woord verander of selfs op plekke verwerp.
Jesus se woord is helder en duidelik vir die eerste seuns. Die koninkryk van God is vir dié wat die wil doen van God. Wat moeite maak met die Woord. Wat moeite maak met gebed. Wat moeite maak met ‘n lewe wat in ooreenstemming is met die Woord. Mense wat God met hulle hele lewe gehoorsaam.
Vir die tweede seuns geld die woorde van Jesus: “Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.”
View all posts in this series
- Vraag 1: Wat is God? - Aug 27, 2018
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 - Aug 28, 2018
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15 - Aug 29, 2018
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28 - Aug 30, 2018
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19 - Aug 31, 2018
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Sep 1, 2018
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 - Sep 2, 2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid? - Sep 3, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17 - Sep 4, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6 - Sep 5, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 - Sep 6, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13 - Sep 7, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Sep 8, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - Sep 9, 2018
- Vraag 3: Wat is die mens? - Sep 10, 2018
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 - Sep 11, 2018
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10 - Sep 12, 2018
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24 - Sep 13, 2018
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11 - Sep 14, 2018
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Sep 15, 2018
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - Sep 16, 2018
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? - Sep 17, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31 - Sep 18, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5 - Sep 19, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9 - Sep 20, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28 - Sep 21, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Sep 22, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104 - Sep 23, 2018
- Vraag 5: Hoe ken jy God? - Oct 8, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21 - Oct 9, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96 - Oct 10, 2018
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20 - Oct 11, 2018
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 - Oct 12, 2018
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Oct 13, 2018
- God bestaan en God praat – Psalm 19 - Oct 14, 2018
- Vraag 6: Wat is die Bybel? - Oct 15, 2018
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 - Oct 16, 2018
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112 - Oct 17, 2018
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 - Oct 18, 2018
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27 - Oct 19, 2018
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Oct 20, 2018
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24 - Oct 21, 2018
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees? - Oct 22, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8 - Oct 23, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27 - Oct 24, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35 - Oct 25, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17 - Oct 26, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte - Oct 27, 2018
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12 - Oct 28, 2018
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - Oct 29, 2018
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56 - Oct 30, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80 - Oct 31, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128 - Nov 1, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14 - Nov 2, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament - Nov 3, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - Nov 4, 2018
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet? - Nov 5, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 - Nov 6, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 - Nov 7, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11 - Nov 8, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus - Nov 9, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis - Nov 10, 2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - Nov 11, 2018
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie? - Nov 12, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4 - Nov 13, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10 - Nov 14, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31 - Nov 15, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20 - Nov 16, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte - Nov 17, 2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - Nov 18, 2018
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? - Nov 19, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25 - Nov 20, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11 - Nov 21, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21 - Nov 22, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4 - Nov 23, 2018
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte - Nov 24, 2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - Nov 25, 2018
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? - Nov 26, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26 - Nov 27, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48 - Nov 28, 2018
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32 - Nov 29, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26 - Nov 30, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte - Dec 1, 2018
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba - Dec 2, 2018
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? - Dec 3, 2018
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12 - Dec 4, 2018
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31 - Dec 5, 2018
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10 - Dec 6, 2018
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10 - Dec 7, 2018
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte - Dec 8, 2018
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus - Dec 9, 2018
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie - Jan 5, 2019
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? - Jan 14, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7 - Jan 15, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 - Jan 16, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20 - Jan 17, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20 - Jan 18, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte - Jan 19, 2019
- God wil ons heilig maak - Jan 20, 2019
- Vraag 15: Wat is sonde? - Jan 21, 2019
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43 - Jan 22, 2019
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11 - Jan 23, 2019
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10 - Jan 24, 2019
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 - Jan 25, 2019
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte - Jan 26, 2019
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood - Jan 27, 2019
- Vraag 16: Wat is afgodery? - Jan 28, 2019
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 - Jan 29, 2019
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9 - Jan 30, 2019
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 - Jan 31, 2019
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20 - Feb 1, 2019
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte - Feb 2, 2019
- Gideon verruil God vir afgode - Feb 3, 2019
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? - Feb 4, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6 - Feb 5, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7 - Feb 6, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15 - Feb 7, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20 - Feb 8, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte - Feb 9, 2019
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag - Feb 10, 2019
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? - Feb 11, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32 - Feb 12, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70 - Feb 13, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21 - Feb 14, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10 - Feb 15, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte - Feb 16, 2019
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou - Feb 17, 2019
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig? - Feb 18, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6 - Feb 19, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6 - Feb 20, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18 - Feb 21, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8 - Feb 22, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte - Feb 23, 2019
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom! - Feb 24, 2019
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? - Feb 25, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4 - Feb 26, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17 - Feb 27, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4 - Feb 28, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3 - Mar 1, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte - Mar 2, 2019
- Die krag van die kruis - Mar 3, 2019
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? - Mar 4, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9 - Mar 5, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20 - Mar 6, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21 - Mar 7, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14 - Mar 8, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte - Mar 9, 2019
- Tien woorde van Troos - Mar 10, 2019
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? - Mar 11, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17 - Mar 12, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29 - Mar 13, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17 - Mar 14, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9 - Mar 15, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte - Mar 16, 2019
- As iemand nie van bo-af gebore word nie - Mar 17, 2019
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? - Mar 18, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2 - Mar 19, 2019
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28 - Mar 20, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20 - Mar 21, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24 - Mar 22, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte - Mar 23, 2019
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig - Mar 24, 2019
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? - Mar 25, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 - Mar 26, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6 - Mar 27, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14 - Mar 28, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6 - Mar 29, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte - Mar 30, 2019
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom - Mar 31, 2019
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? - Apr 1, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10 - Apr 2, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30 - Apr 3, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8 - Apr 4, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17 - Apr 5, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte - Apr 6, 2019
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof - Apr 7, 2019
- Vraag 26: Wat is die Vader? - Apr 8, 2019
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7 - Apr 9, 2019
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16 - Apr 10, 2019
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6 - Apr 11, 2019
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 - Apr 12, 2019
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte - Apr 13, 2019
- Ek is doodsbenoud - Apr 14, 2019
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019 - Apr 15, 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun? - Apr 29, 2019
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11 - Apr 30, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16 - May 1, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 - May 2, 2019
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7 - May 3, 2019
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte - May 4, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? - May 6, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38 - May 7, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5 - May 8, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5 - May 9, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18 - May 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte - May 11, 2019
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna - May 12, 2019
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? - May 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22 - May 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11 - May 15, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25 - May 16, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18 - May 17, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte - May 18, 2019
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56 - May 19, 2019
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? - May 20, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20 - May 21, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18 - May 22, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12 - May 23, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24 - May 24, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte - May 25, 2019
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3 - May 26, 2019
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? - May 27, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7 - May 28, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3 - May 29, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11 - May 30, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34 - May 31, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte - Jun 1, 2019
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11 - Jun 2, 2019
- Blaaskans vir Pinkster - Jun 3, 2019
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? - Jun 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24 - Jun 11, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10 - Jun 12, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9 - Jun 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8 - Jun 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte - Jun 15, 2019
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18 - Jun 16, 2019
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? - Jun 17, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2 - Jun 18, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14 - Jun 19, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23 - Jun 20, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14 - Jun 21, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte - Jun 22, 2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1 - Jun 23, 2019
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? - Jun 24, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16 - Jun 25, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16 - Jun 26, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13 - Jun 27, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8 - Jun 28, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte - Jun 29, 2019
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 - Jun 30, 2019
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? - Jul 1, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 - Jul 2, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12 - Jul 3, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17 - Jul 4, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19 - Jul 5, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte - Jul 6, 2019
- God-flavors en God-colors - Jul 7, 2019
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing? - Jul 8, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6 - Jul 9, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 - Jul 10, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8 - Jul 11, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21 - Jul 12, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte - Jul 13, 2019
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14 - Jul 14, 2019
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? - Jul 15, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36 - Jul 16, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12 - Jul 17, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10 - Jul 18, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8 - Jul 19, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte - Jul 20, 2019
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 - Jul 21, 2019
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? - Jul 22, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15 - Jul 23, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12 - Jul 24, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11 - Jul 25, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13 - Jul 26, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte - Jul 27, 2019
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper - Jul 28, 2019
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? - Jul 29, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14 - Jul 30, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5 - Jul 31, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10 - Aug 1, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23 - Aug 2, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte - Aug 3, 2019
- Hoe “praat” die Heilige Gees? - Aug 4, 2019
- Vraag 40: Wat is gebed? - Aug 5, 2019
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9 - Aug 6, 2019
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8 - Aug 7, 2019
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21 - Aug 8, 2019
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17 - Aug 9, 2019
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte - Aug 10, 2019
- Tien gebede van Nehemia - Aug 11, 2019
- Vraag 41: Hoe moet jy bid? - Aug 12, 2019
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2 - Aug 13, 2019
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20 - Aug 14, 2019
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22 - Aug 15, 2019
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14 - Aug 16, 2019
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte - Aug 17, 2019
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8 - Aug 18, 2019
- Vraag 42: Wat moet jy bid? - Aug 19, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11 - Aug 20, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 - Aug 21, 2019
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27 - Aug 22, 2019
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27 - Aug 23, 2019
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte - Aug 24, 2019
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7 - Aug 25, 2019
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader? - Aug 26, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13 - Aug 27, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13 - Aug 28, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22 - Aug 29, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46 - Aug 30, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte - Aug 31, 2019
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15 - Sep 1, 2019
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes? - Sep 2, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24 - Sep 3, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3 - Sep 4, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34 - Sep 5, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2 - Sep 6, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte - Sep 7, 2019
- Laat u wil geskied - Sep 8, 2019
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes? - Sep 9, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 - Sep 10, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15 - Sep 11, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18 - Sep 12, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13 - Sep 13, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte - Sep 14, 2019
- Vertrou op die kragtige hand van God - Sep 15, 2019
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk? - Sep 30, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16 - Oct 1, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18 - Oct 2, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20 - Oct 3, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33 - Oct 4, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte - Oct 5, 2019
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië - Oct 6, 2019
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - Oct 7, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9 - Oct 8, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5 - Oct 9, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1 - Oct 10, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14 - Oct 11, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte - Oct 12, 2019
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 - Oct 13, 2019
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug? - Oct 14, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19 - Oct 15, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20 - Oct 16, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 - Oct 17, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20 - Oct 18, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte - Oct 19, 2019
- Reik uit na dié wat teen jou sondig - Oct 20, 2019
- Vraag 49: Wat is die sakramente? - Oct 21, 2019
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12 - Oct 22, 2019
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58 - Oct 23, 2019
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29 - Oct 24, 2019
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12 - Oct 25, 2019
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte - Oct 26, 2019
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14 - Oct 27, 2019
- Vraag 50: Wat is die doop? - Oct 28, 2019
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5 - Oct 29, 2019
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20 - Oct 30, 2019
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6 - Oct 31, 2019
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21 - Nov 1, 2019
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte - Nov 2, 2019
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne - Nov 3, 2019
- Vraag 49: Wat is die nagmaal? - Nov 4, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47 - Nov 5, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12 - Nov 6, 2019
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34 - Nov 7, 2019
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9 - Nov 8, 2019
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte - Nov 9, 2019
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23 - Nov 10, 2019
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? - Nov 11, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36 - Nov 12, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17 - Nov 13, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16 - Nov 14, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30 - Nov 15, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte - Nov 16, 2019
- Die belofte van die ewige lewe - Nov 17, 2019
- Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar - Jan 10, 2023