Skip to main content

Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons, deurdat ons glo, toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee. Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)

1. Paulus beskryf ons posisie voor God as een van heerlike genade. Watter gevolge het dit vir ons lewe hier? Watter gevolge het dit vir ons toekoms?

2. Een van die algemeenste ervarings van die Heilige Gees is ‘n liefde wat in ons hart uitgestort word. Hoe ervaar jy dit? Vra die Here om jou ‘n dieper ervaring daarvan te gee.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die Heilige Gees se liefde in jou hart uitgestort is en dat jy daarom kan volhard in enige omstandigheid in hierdie lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 5 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar