Skip to main content

Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20

Wees op die uitkyk vir mense wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe deur dinge te verkondig wat bots met dit wat julle geleer het. Vermy hulle. Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense. Almal weet egter van julle gehoorsaamheid aan die Goeie Nuus. Ek verheug my oor julle en ek wil graag hê dat julle duidelik sal besef wat goed is en dat julle nie slim sal wees wat die verkeerde betref nie. Die God van vrede sal Satan binnekort onder julle voete verpletter. (NLV)

Baie mense lees tereg die klem op die aanvaarding van mekaar wat Paulus in Romeine 14-15 beklemtoon. Sy motivering daarvoor is dat soos Christus nie aan Homself gedink het nie, moet dié wat sterk is in geloof die swakhede verdra van dié wat nie sterk is nie.  Hy dink aan dinge soos verskille oor kos en drank.

Maar, sulke mense lees nie verder in hoofstuk 16 nie. Daar beklemtoon Paulus dat swakhede in geloof verdra kan word, maar nie verdeeldheid oor die leer van Christus nie. Waar mense dinge verkondig wat bots met dit wat aan hulle oorgelewer is – Paulus dink hier aan beide sy eie leringe as aan dié van die ander apostels – moet sulke mense vermy word. Trouens, ‘n mens moet op die uitkyk wees vir dwaalleringe sodat jou geloof nie daardeur ondergrawe word nie.

1. Wat sien jy vandag raak van hierdie tipe dwaalleringe wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe?

2. Wat doen jy om sulke leringe uit te wys en mense te vermy wat sulke leringe verkondig?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jy ‘n onvervreembare plig het om die geloofsgemeenskap te help om getrou te bly aan die boodskap van die Bybel.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 16 te lees en my bydrae daaroor: Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar