Skip to main content

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70

Johannes se pa, Sagaria, is hierna met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: “Prys die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk opgesoek en hulle gered. Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuur uit die koninklike geslag van sy dienaar Dawid, soos Hy lank gelede deur sy heilige profete beloof het.” (NLV)

1. Sagaria bars uit in ‘n loflied uit en prys die Here vir die redding deur Jesus wat die langverwagte belofte van die Messias nou in vervulling laat gaan. Hoe versterk hierdie vervulling van ‘n eeueoue belofte jou geloof in God? 

2. Dit is ook duidelik dat ‘n mens op God se beloftes kan vertrou. Hy doen wat Hy sê. Hoe laat dit jou voel oor God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy op God se beloftes kan vertrou. Hy red ons van ons sondes.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Lukas 1:57-80 en my bydrae daaroor:Lukas 1:57-80 – God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar