Skip to main content

Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21

Ek kniel voor die Vader. Hy is die Vader van elke gemeenskap in die hemel en op die aarde. Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! (NLV)

1. Paulus skryf in hierdie brief aan die gelowiges in Efese oor die genade wat God vir hulle gegee het om in Hom te glo. Hy het hulle uitgekies voor die grondlegging van die aarde om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Waarom is hierdie gebed dan so belangrik?

2. Die sentrale element in hierdie gebed is aan die een kant om te groei in ervaring van die liefde van God en aan die ander kant om heeltemal met die volheid van God vervul te word. Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy saamwerk dat dit al hoe meer ‘n werklikheid vir jou sal word?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die liefde van God en die volheid waarmee Hy jou vervul.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Efesiërs 3 en my bydrae daaroor: Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar