Skip to main content

Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?

1. Wat bid jy met die eerste drie bedes in die Ons Vader – Matteus 6:9-10?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Dat ons U reg sal ken. Dat U ons deur u Woord en Gees sal regeer. Dat almal hulle eie wil prysgee.Ek bid dat almal U sal heilig, roem en prys in al u werke. Ek bid dat almal hulle hoe langer hoe meer aan u koningsheerskappy sal onderwerp. Ek bid dat almal u wil sonder teëpratery sal gehoorsaam, want u wil alleen is goed.

3. Lees die verhaal van Jesus se gebed in Getsemane in Matteus 26:36-46. Wat tref jou?

4. Lees my beskrywing daarvan. Hoe help dit jou om die gebed om God se wil beter te verstaan?

Jesus lê sy eie wil neer in gebed al kos dit Hom die kruisdood In die eerste deel van die Ons Vader bid ons dat God bó alles belangrik sal wees. Jesus wys vir ons hoe dit werk toe Hy in Getsemane bid vir krag om God se wil te doen. Hy was baie ontsteld en benoud en het met sy gesig plat teen die grond gebid dat hierdie lydensbeker van Hom weggeneem sal word. “Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil.” Drie keer het Hy só gebid tot Hy vrede gekry het om God se wil te doen, al sou dit Hom die kruisdood kos.

5. Sluit af deur die Ons Vader te bid in jou eie woorde.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar