Skip to main content

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7

U regterhand, Here, is sterk. U regterhand, Here, verbrysel die vyand. U is geweldig hoog. U verpletter hulle wat U probeer teenstaan. U woede bars los, U verwoes hulle soos vuur wat gras verbrand. (NLV)

1. Eksodus 15 is ‘n loflied van Israel met die tog deur die Rietsee waarin hulle beskerm is en droogvoets kon deurloop en die Egiptenare verpletter is in die see. Hoe laat dit jou dink oor God? 

2. Hierdie getuienis oor God wat sy vyande verpletter is bedoel om vertroue by sy volk in te boesem. Hulle kan op Hom staatmaak in elke situasie. Hoe laat dit jou voel oor God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy God kan vertrou om jou te beskerm en ook op te tree teen jou vyande.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Eksodus 15 en my bydrae daaroor: Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar