Die krag van die kruis

Ons maak moeilik vrede met lyding
Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons.
Tog is daar iets fassinerend in die lyding van ‘n besondere mens of ‘n leier.
Hoekom?
Want ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding van iemand wat nie vir die opoffering van die lyding terugdeins nie, en selfs bereid is om sy of haar lewe vir ‘n saak op te offer, ten spyte van die koste daarvan.
Lydensverhale inspireer
Sulke verhale van vasberadenheid onder lyding het baie keer die potensiaal om mense tot groter hoogtes te inspireer as wat verhale van voorspoed en suksesse het.
Dink maar net aan die talle en talle verhale uit die Hervorming.
Mense wat hulle met groot persoonlike opoffering aan God se roeping in die Skrif gewy het.

Johannes Hus
Johannes Hus, die Boheemse Hervormer is net meer as 600 jaar gelede, op 6 Julie 1415, finaal gevonnis tot die dood. Sy kettery was dat hy die Skrif se gesag bó dié van die kerk geag het en geleer het dat ’n mens nie iets ander as Christus nodig het vir sondevergifnis nie. Hy het sterk teen die aflaatstelsel (indulgences) en die verering van heilige objekte (relics) in opstand gekom.
Op pad na die brandstapel het Hus verby ’n “bonfire” van sy boeke gestap. Hy het gestop, gelag, en vir die omstanders gesê, moenie al die leuens glo wat oor my vertel word nie.
Toe hy by die brandstapel kom, het hy gekniel en gebid. Vir ‘n laaste keer is hy gevra of hy sy besware teen die kerk terugtrek. Hy het geantwoord: “God is my getuie dat die getuienis teen my vals is. Ek het nooit iets gedink of gepreek wat nie gemik was daarop om mense te red, indien enigsins moontlik, van hulle sondes nie. Ek het die waarheid van die evangelie geskryf, geleer en gepreek; vandag sal ek met vreugde sterf.”
Hulle het sy kleed uitgetrek, sy hande agter sy rug vasgebind, en sy nek met ’n geroeste ketting aan die brandstapel vasgemaak. Hy het daarop kommentaar gelewer met ’n glimlag dat sy Redder met ’n swaarder ketting geboei was. Toe die vuur aangesteek is, het Hus begin sing: “Christus, Seun van die lewende God, wees ons genadig.” en toe: “Christus, Seun van die lewende God, wees my genadig.” Hy het met ’n gebed begin wat hy nie klaar gemaak het nie, want die wind het die vlamme in sy gesig gewaai – Lutzer, Rescuing the Gospel, in die hoofstuk A Morning Star (John Knox) and a Goose and Swan (Hus en Luther).
Hellen Stirke

En dit is nie net die groot leiers wat só ‘n inspirasie is nie; ook die gewone mense wat geduldig volhard het onder groot lyding dié inspireer ons.
Hellen was ‘n gewone Skotse Christen in die stad Perth. ‘n Vrou vir haar man, en ‘n ma vir haar kinders. Sy was onder die radar tot met die geboorte van haar laaste kind in 1544, 450 jaar gelede.
Toe die tyd vir die geboorte aanbreek, wou die vroedvroue haar dwing om tot moeder Maria te bid. Sy het geweier. Sy het op die Here self vertrou om haar deur die geboorte te ondersteun. Begrond op die duidelike Skrifwoord dat God alleen aanbid moet word.
Gou het Hellen se weiering die ore van die geestelike leiers bereik. Sy is in hegtenis geneem en aan “dwaalleer” skuldig bevind en tot die dood veroordeel. Haar man ook.
Hellen het gevra om langs haar man, James Finlason, te sterf, maar haar versoek is geweier. Mans is opgehang. Vroue verdrink. Hellen het haar man in haar arms vasgehou, en met hierdie woorde afskeid geneem:
“My man, wees bly, want ons het baie vreugde saam beleef. Vandag, waar ons moet sterf, sal die beste van almal wees, want hierna sal ons vir ewig vreugde hê. Daarom sal ek nie vir jou goeienag sê nie, want binnekort sal ons in die koninkryk van die hemele ontmoet.”
James is voor haar oë opgehang. Hellen moes haar pasgebore baba afgee. Hulle het haar na ‘n nabygeleë dam geneem, haar hande en voete vasgebind, in ‘n groot sak gestop, saam met ‘n paar klippe, en haar in die water gegooi soos ‘n sak vullis.
Haar misdaad? Dat sy nie moeder Maria vir beskerming wou vra nie. Dat sy God alleen wou aanbid – verhaal geskryf deur Tony Reinke by Desiring God.
Die krag van die verhaal van die Lydende Dienaar van die Here

Die vraag is egter hoe hulle dit reggekry het om getrou te bly ten spyte van onreg, verguising, veroordeling en die dood?
Daar is net een antwoord. Die krag wat hulle gehad het, het van God af gekom. Dit is wat God reeds 8 eeue vC geïllustreer het in die profesie van die Dienskneg van die Here – Jesaja 52:13 – 53:12. Die inspirasie lê in die krag van hierdie verhaal van die Lydende Dienaar van die Here.
Sy krag is vir baie mense verborge
Die lied herinner ons aan die krag wat onder die oppervlak lê. Wat vir baie mense verborge is. Min mense sien die krag van die kruis raak.
Só vertel Jesaja die verhaal van die Dienskneg van die Here. Die wonder van hierdie dienaar se lyding, sê Jesaja, sal vir baie mense verborge wees. Hulle sal nie die hand van die Here daarin raaksien nie.
Ons teks sê in Jesaja 52:14:
Baie mense was ontsteld oor hom, hy was só misvormd dat hy nie meer soos ’n mens gelyk het nie, nie meer die voorkoms van ’n mens gehad het nie.
Mense sal eerder ontsteld wees, sê Jesaja. Trouens, ‘n soort afsku hê in Hom, omdat dit só anders is as wat ‘n mens verwag van mense wat in aansien is, wat besondere dinge doen, wat met eerbewyse oorlaai word. Die helde van ons dag.
God se krag word in die Lydende Dienskneg sigbaar
Maar, sê Jesaja, in die volgende gedeelte, dit is juis in hierdie onaansienlike, veragte en verstote, Lydende Dienskneg wat God sy krag ten toon sal stel. Dit is deur Hom wat daar verandering kan kom in lyding, van siektes, vir oortredings en sondes. Deur die Lydende Dienskneg sal God vrede vir ons bring en ons van ons eie pad bekeer na Sy pad toe.
Soos Jesaja 52:15 – 53:1 sê:
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing. Konings sal sprakeloos wees oor hom, want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie, hulle sal iets te wete kom wat hulle nog nooit gehoor het nie. Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Lewe spruit voort uit dood
Wat spesifiek besonders van hierdie Lydende Dienskneg is, waarin sy verborge krag lê, is dat hy enersyds die hoogste prys betaal (let op die vetgedrukte dele) – Jesaja 53:8-10a:
Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. Hy het ’n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly.
En andersyds daarna nog lank sal lewe – Jesaja 53:10b-11:
As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ’n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken.
Op ‘n verskuilde manier voorspel dit die opstanding uit die dood van hierdie Dienskneg van die Here. En God aanvaar sy skuldoffer (53:10) as ‘n losprys vir baie.
Dit is die onverwagte. Die krag van die kruis. Dat daar ‘n opstanding plaasvind. Dat daar lewe kom uit die dood. Omdat iemand ter wille van God getrou gebly het tot die einde toe, tot die einde toe gehoorsaam gebly het.
So was dit met Jesus. So was dit met elke martelaar deur die eeue.
- ‘n Johannes Hus was die voorloper van Maarten Luther wat die Westerse wêreld op die grondslag van die Woord gebring het. ‘n Honderd jaar later het Maarten op die grondslag van Johannes Hus voortgebou.
- ‘n Hellen Stirke was die voorloper van elke gewone gelowige wat sterk staan teen ‘n kerk wat haar wil dwing om die Skrif se boodskap agter te laat. Elkeen van ons kan op haar grondslag voortbou.
Maar, sonder die Lydende Dienskneg van die Here se offer en opstanding sou hulle heldedade, ‘n Johannes Hus, ‘n Hellen Stirke, ‘n Maarten Luther, nie ‘n krag van hulle eie kon hê nie.
Ly in vertroue
Dit is wanneer ‘n mens die krag van sy boodskap verstaan, dat jy begin om waardering te kry vir die feit dat die Dienskneg van die Here geduldig kon bly, dat Hy nie gekla jet nie, dat Hy sy hele lewe aan God toevertrou het. Soos ons lees in Jesaja 53:7:
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ’n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ’n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.
Dit is dan wat ons agterkom dat hierdie stilte nie ‘n stilstuipe is of ‘n onvermoë om te reageer nie. Nee, allermins. Dit is omdat die Dienskneg van die Here vir oortreders bid, omdat sy gesprek met God self is – Jesaja 53:12:
Daarom gee Ek hom ’n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges oorwinning vier, omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.
Geen wonder dat die Here hierdie offer so hoog aanslaan, trouens aan Hom die ereplek gee onder die grotes en magtiges (Jes 53:12). Want die geduld in lyding dra groot vrug.
Dit is wat ons daarom ook raaksien in die lewe van ‘n Johannes Hus en ‘n Hellen Stirke. Hulle gaan hulle dood gelate tegemoet, sonder klag of kritiek, terwyl hulle bid vir dié wat hulle teregstel.R
Weereens, hulle krag het gelê in die een wat hulle deur sy voorbeeld geïnspireer het. Daarom kon hulle hulle dood aanvaar. Kom ons aanbid die Here ook vir dié krag.
Jesus betrek Jesaja 53 op Homself
Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing.
Dié teks was bedoel vir Jesus
Die skrywers van die NT het in Jesus se lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien. In die eerste plek. Inderdaad, Jesus self het ‘n vers uit Jesaja 53 op Homself van toepassing gemaak toe Hy op pad was na Getsemane. Hy haal ‘n deel uit Jesaja 53:12 in Luk 22:37 aan en betrek dit op Homself (die vetgedrukte gedeelte).
Daarom gee Ek hom ’n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het. (Jesaja 53:12)
“Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ‘En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.” (Lukas 22:37)
Daarmee sê Jesus dat Hy die Dienskneg van die Here is waarvan Jesaja praat.
Jesaja 53 was bedoel vir siekes
Maar die teks was ook vir ons geskrywe.
Jesus genees Petrus se skoonmoeder van koors, en talle ander wat van duiwels besete was en allerlei ander ongesteldhede gehad het, soos Matteus sê,
sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. (Matt 8:17)
Jesaja 53 was bedoel vir eunugs
’n Engel van die Here het vir Filippus gestuur op die pad na Gasa om die man van Ethiopië, ‘n eunug en staatsamptenaar, met die evangelie uit die boek Jesaja te bedien.
Die eunug is juis besig om uit Jesaja 53 te lees, en Filippus bevestig aan hom dat Jesaja praat oor Jesus en verkondig aan hom dat Jesus die Christus is, die Seun van God, die Een van wie Jesaja gepraat het.
Daarom word die eunug gedoop as deel van die liggaam van Christus, omdat hy tot geloof gekom het in Jesus, die Lydende Dienskneg van die Here (Hand 8:26-35)
Jesaja 53 was bedoel vir sondaars
So spel Petrus dit uit in sy eerste brief aan gelowiges, en ek haal dit meer volledig aan, sodat jy kan raaksien die vier keer wat Petrus uit Jesaja 53 aanhaal (vetgedrukte gedeeltes):
19Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. 20Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God. 21Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; 22Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. 25Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.” (1 Pet 2:19-25)
Jesaja 53 was bedoel vir dié wat ly vir die evangelie
Dit is duidelik uit die vorige aanhaling dat die teks ook bedoel is vir diegene wat ter wille van hulle gewete voor God leed verdra deur onregverdig te ly. Want, as ‘n mens goed doen en ly – dit is genade by God.
En ons is hiertoe geroep, almal van ons, om Jesus as ‘n voorbeeld te volg, om in sy voetstappe te volg, om nie bedrog te pleeg nie, om nie uit te skel nie, om nie te dreig nie, om alle oor te gee aan God wat regverdig oordeel.
Dit is waartoe Jesus ons roep, om ons kruis op te neem en Hom te volg in selfverloëning ter wille van ons gewete voor God.
Mag jy die krag van die kruis in jou eie lewe ondervind tot seën van baie.
View all posts in this series
- Vraag 1: Wat is God? - August 27, 2018
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 - August 28, 2018
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15 - August 29, 2018
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28 - August 30, 2018
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19 - August 31, 2018
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 1, 2018
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 - September 2, 2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid? - September 3, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17 - September 4, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6 - September 5, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 - September 6, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13 - September 7, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 8, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - September 9, 2018
- Vraag 3: Wat is die mens? - September 10, 2018
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 - September 11, 2018
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10 - September 12, 2018
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24 - September 13, 2018
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11 - September 14, 2018
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 15, 2018
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - September 16, 2018
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? - September 17, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31 - September 18, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5 - September 19, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9 - September 20, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28 - September 21, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 22, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104 - September 23, 2018
- Vraag 5: Hoe ken jy God? - October 8, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21 - October 9, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96 - October 10, 2018
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20 - October 11, 2018
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 - October 12, 2018
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 13, 2018
- God bestaan en God praat – Psalm 19 - October 14, 2018
- Vraag 6: Wat is die Bybel? - October 15, 2018
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 - October 16, 2018
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112 - October 17, 2018
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 - October 18, 2018
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27 - October 19, 2018
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 20, 2018
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24 - October 21, 2018
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees? - October 22, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8 - October 23, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27 - October 24, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35 - October 25, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17 - October 26, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 27, 2018
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12 - October 28, 2018
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - October 29, 2018
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56 - October 30, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80 - October 31, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128 - November 1, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14 - November 2, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament - November 3, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - November 4, 2018
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet? - November 5, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 - November 6, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 - November 7, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11 - November 8, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus - November 9, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis - November 10, 2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - November 11, 2018
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie? - November 12, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4 - November 13, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10 - November 14, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31 - November 15, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20 - November 16, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte - November 17, 2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - November 18, 2018
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? - November 19, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25 - November 20, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11 - November 21, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21 - November 22, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4 - November 23, 2018
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte - November 24, 2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - November 25, 2018
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? - November 26, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26 - November 27, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48 - November 28, 2018
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32 - November 29, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26 - November 30, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte - December 1, 2018
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba - December 2, 2018
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? - December 3, 2018
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12 - December 4, 2018
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31 - December 5, 2018
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10 - December 6, 2018
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10 - December 7, 2018
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte - December 8, 2018
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus - December 9, 2018
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie - January 5, 2019
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? - January 14, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7 - January 15, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 - January 16, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20 - January 17, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20 - January 18, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte - January 19, 2019
- God wil ons heilig maak - January 20, 2019
- Vraag 15: Wat is sonde? - January 21, 2019
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43 - January 22, 2019
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11 - January 23, 2019
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10 - January 24, 2019
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 - January 25, 2019
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte - January 26, 2019
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood - January 27, 2019
- Vraag 16: Wat is afgodery? - January 28, 2019
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 - January 29, 2019
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9 - January 30, 2019
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 - January 31, 2019
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20 - February 1, 2019
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte - February 2, 2019
- Gideon verruil God vir afgode - February 3, 2019
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? - February 4, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6 - February 5, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7 - February 6, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15 - February 7, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20 - February 8, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte - February 9, 2019
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag - February 10, 2019
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? - February 11, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32 - February 12, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70 - February 13, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21 - February 14, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10 - February 15, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte - February 16, 2019
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou - February 17, 2019
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig? - February 18, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6 - February 19, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6 - February 20, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18 - February 21, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8 - February 22, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte - February 23, 2019
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom! - February 24, 2019
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? - February 25, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4 - February 26, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17 - February 27, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4 - February 28, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3 - March 1, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte - March 2, 2019
- Die krag van die kruis - March 3, 2019
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? - March 4, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9 - March 5, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20 - March 6, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21 - March 7, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14 - March 8, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte - March 9, 2019
- Tien woorde van Troos - March 10, 2019
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? - March 11, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17 - March 12, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29 - March 13, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17 - March 14, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9 - March 15, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte - March 16, 2019
- As iemand nie van bo-af gebore word nie - March 17, 2019
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? - March 18, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2 - March 19, 2019
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28 - March 20, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20 - March 21, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24 - March 22, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte - March 23, 2019
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig - March 24, 2019
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? - March 25, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 - March 26, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6 - March 27, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14 - March 28, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6 - March 29, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte - March 30, 2019
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom - March 31, 2019
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? - April 1, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10 - April 2, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30 - April 3, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8 - April 4, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17 - April 5, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte - April 6, 2019
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof - April 7, 2019
- Vraag 26: Wat is die Vader? - April 8, 2019
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7 - April 9, 2019
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16 - April 10, 2019
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6 - April 11, 2019
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 - April 12, 2019
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte - April 13, 2019
- Ek is doodsbenoud - April 14, 2019
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019 - April 15, 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun? - April 29, 2019
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11 - April 30, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16 - May 1, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 - May 2, 2019
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7 - May 3, 2019
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte - May 4, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? - May 6, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38 - May 7, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5 - May 8, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5 - May 9, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18 - May 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte - May 11, 2019
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna - May 12, 2019
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? - May 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22 - May 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11 - May 15, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25 - May 16, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18 - May 17, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte - May 18, 2019
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56 - May 19, 2019
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? - May 20, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20 - May 21, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18 - May 22, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12 - May 23, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24 - May 24, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte - May 25, 2019
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3 - May 26, 2019
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? - May 27, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7 - May 28, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3 - May 29, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11 - May 30, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34 - May 31, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte - June 1, 2019
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11 - June 2, 2019
- Blaaskans vir Pinkster - June 3, 2019
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? - June 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24 - June 11, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10 - June 12, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9 - June 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8 - June 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte - June 15, 2019
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18 - June 16, 2019
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? - June 17, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2 - June 18, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14 - June 19, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23 - June 20, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14 - June 21, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte - June 22, 2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1 - June 23, 2019
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? - June 24, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16 - June 25, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16 - June 26, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13 - June 27, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8 - June 28, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte - June 29, 2019
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 - June 30, 2019
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? - July 1, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 - July 2, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12 - July 3, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17 - July 4, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19 - July 5, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte - July 6, 2019
- God-flavors en God-colors - July 7, 2019
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing? - July 8, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6 - July 9, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 - July 10, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8 - July 11, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21 - July 12, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte - July 13, 2019
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14 - July 14, 2019
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? - July 15, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36 - July 16, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12 - July 17, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10 - July 18, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8 - July 19, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte - July 20, 2019
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 - July 21, 2019
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? - July 22, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15 - July 23, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12 - July 24, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11 - July 25, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13 - July 26, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte - July 27, 2019
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper - July 28, 2019
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? - July 29, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14 - July 30, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5 - July 31, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10 - August 1, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23 - August 2, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte - August 3, 2019
- Hoe “praat” die Heilige Gees? - August 4, 2019
- Vraag 40: Wat is gebed? - August 5, 2019
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9 - August 6, 2019
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8 - August 7, 2019
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21 - August 8, 2019
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17 - August 9, 2019
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte - August 10, 2019
- Tien gebede van Nehemia - August 11, 2019
- Vraag 41: Hoe moet jy bid? - August 12, 2019
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2 - August 13, 2019
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20 - August 14, 2019
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22 - August 15, 2019
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14 - August 16, 2019
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 17, 2019
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8 - August 18, 2019
- Vraag 42: Wat moet jy bid? - August 19, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11 - August 20, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 - August 21, 2019
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27 - August 22, 2019
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27 - August 23, 2019
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 24, 2019
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7 - August 25, 2019
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader? - August 26, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13 - August 27, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13 - August 28, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22 - August 29, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46 - August 30, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte - August 31, 2019
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15 - September 1, 2019
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes? - September 2, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24 - September 3, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3 - September 4, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34 - September 5, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2 - September 6, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 7, 2019
- Laat u wil geskied - September 8, 2019
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes? - September 9, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 - September 10, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15 - September 11, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18 - September 12, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13 - September 13, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 14, 2019
- Vertrou op die kragtige hand van God - September 15, 2019
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk? - September 30, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16 - October 1, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18 - October 2, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20 - October 3, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33 - October 4, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte - October 5, 2019
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië - October 6, 2019
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - October 7, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9 - October 8, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5 - October 9, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1 - October 10, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14 - October 11, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte - October 12, 2019
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 - October 13, 2019
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug? - October 14, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19 - October 15, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20 - October 16, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 - October 17, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20 - October 18, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte - October 19, 2019
- Reik uit na dié wat teen jou sondig - October 20, 2019
- Vraag 49: Wat is die sakramente? - October 21, 2019
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12 - October 22, 2019
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58 - October 23, 2019
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29 - October 24, 2019
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12 - October 25, 2019
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte - October 26, 2019
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14 - October 27, 2019
- Vraag 50: Wat is die doop? - October 28, 2019
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5 - October 29, 2019
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20 - October 30, 2019
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6 - October 31, 2019
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21 - November 1, 2019
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte - November 2, 2019
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne - November 3, 2019
- Vraag 49: Wat is die nagmaal? - November 4, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47 - November 5, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12 - November 6, 2019
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34 - November 7, 2019
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9 - November 8, 2019
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte - November 9, 2019
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23 - November 10, 2019
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? - November 11, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36 - November 12, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17 - November 13, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16 - November 14, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30 - November 15, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte - November 16, 2019
- Die belofte van die ewige lewe - November 17, 2019
- Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar - January 10, 2023
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar