Skip to main content

Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?

1.  Waarom dink jy is dit belangrik dat die Verlosser van die sonde waarlik mens en waarlik God moet wees?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Sodat Hy as sondelose mens die straf vir die sonde kan dra en as ewige God die dood kan oorwin. As Middelaar tussen mense en God kan Hy op grond van sy sondelose gehoorsaamheid aan die wet deur die krag van sy Godheid vir mense wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gee en ook deernis met hulle swakhede hê.

3. Lees die profesie oor die Dienskneg van die Here in Jesaja 53:7-12. Wat tref jou?

4. Lees nou die verbintenis van die profesieë oor die Dienskneg van die Here aan Jesus Christus in die NT in Matteus 8:14-17, Handelinge 8:26-35 en 1 Petrus 2:19-25. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap hiervan. Oordink dit.

Jesaja beskryf in die Ou Testament die Dienaar van God. Die Dienaar is geslaan en mishandel. Hy is skuldig bevind en dood gemaak. Hierdie Dienaar was egter nie ’n gewone mens nie. Hy word vir die sondes van die volk doodgemaak. Hy word in húlle plek gestraf, al het Hy niks verkeerds gedoen nie. Ná sy bitter lyding laat God Hom weer die lig sien. Deur Hom vergewe God al die volk se sondes en spreek hulle vry. Ons eer Jesus in die Nuwe Testament as hierdie Dienaar van God, die Verlosser. As sondelose mens dra Hy die straf vir die sonde en as ewige God oorwin Hy die dood.

6. Die geloofsbelydenis van Athanatius 29-30 sowel as die Heidelbergse Kategismus 15-18 sê dat ons ewige saligheid afhang van ons geloof in en vertroue op Jesus as waarlik mens en waarlik God. Hoe dink jy daaroor?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar