Skip to main content

Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is

Die verhaal van Gladys Aylward fassineer my.  Sy het gelewe van 1902 – 1970 en was aanvanklik ’n Britse huisbediende.  En met ’n eenvoudige opleiding – sy was ’n groot leser – en ’n passie vir China – sy het later Chinese burgerskap aanvaar – het sy eenvoudig wonders verrig.

Saam met Jeannie Lawson het sy die verste noord van enige sendeling tot op daardie stadium met die evangelie gegaan en só op ’n treffende wyse mense se lewens verander.

Een gesprek met Jeannie het my veral aangegryp.  Reg aan die begin toe sy daar aankom, het sy ’n teregstelling aanskou, en was teen die grond oor die wreedheid daarvan.  Jeannie se perspektief daarop en hoe ons as Christene ook moet dink oor ons roeping en ons passie vir verandering, is as volg:

“There are many things that are horrible in China.  But they will change – one thing at a time with the help of the Lord.  And that’s what we are here for.”

Daarby het sy gevoeg:

“It’s a hard life for a young woman, But it won’t seem hard, I promise you.  When at my age you look back, it will only seem beautiful.”

Die idee vir die herberg se naam, The Inn of the Sixth Happiness, kom van die 5 vreugdes waarvan Chinese praat: welvaart, lang lewe, gesondheid, deugsaamheid, en ‘n vredevolle dood op ’n hoë ouderdom.  Die sesde in Jeannie se oë is die een wat jy self uitvind, en wat natuurlik ook die evangelie van Jesus Christus insluit.  Dit is waarom sy die naam vir die herberg gekies het.

Dat die mandarin haar hulp inkry om met voet-inspeksies die eeue-oue gebruik van voetbindery stop te sit, was aan die een kant ’n regtige gevaarlike onderneming.  Maar dit word ook die manier waarop sy haar geloof met mense kan deel, waardeur sy slaag in haar passie en roeping, om ’n getuie vir Jesus in China te wees. En, soos sy op ’n punt sê, haar beker van geluk loop oor.

Sy stop selfs een keer ’n tronkopstand en bring daardeur groot hervormings te weeg in die tronk.  Soos die mandarin van haar sê: “She thrives on difficulties!”

Sy kry uiteindelik die naam Jenai – die een wat mense liefhet.  Op ’n stadium sê ’n kolonel, Lin Nan, tussen wie daar volgens die fliek ’n verhouding ontwikkel, hoewel sy dit in die werklike lewe ontken het, vir haar: “I love China as it could be” waarop sy antwoord, “I love China as it is.” En haar hele lewe word gewy daaraan om stukkie vir stukkie deur haar liefde vir mense hulle ’n gevoel van menswaardigheid te gee en ’n verskil te maak.

Die mandarin word uiteindelik ’n Christen, oortuig deur haar liefde vir mense.

Met die Tweede Wêreldoorlog wat uitbreek, word sy met 100 weeskinders gelaat (50 volgens die fliek), met wie sy oor die berge na veiligheid trek – met die liedjie: “This old man, he played one, he played knick-knack on my thumb, with a knick-knack paddy-whack, give a dog a bone, This old man came rolling home.” om die kinders moed te gee.

Die fliek is gebaseer op die boek The Small Woman van Alan Burgess (1957).

Sy is na die 2de Wêreldoorlog na Taiwan en het daar ’n kinderhuis begin wat sy tot haar dood bestuur het.  Sy is vandag nog in China bekend as Ai-weh-deh – die deugsame vrou – of Jenai, soos die dorpie haar geken het – die een wat mense lief het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.