Skip to main content

Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is

Die verhaal van Gladys Aylward fassineer my.  Sy het gelewe van 1902 – 1970 en was aanvanklik ’n Britse huisbediende.  En met ’n eenvoudige opleiding – sy was ’n groot leser – en ’n passie vir China – sy het later Chinese burgerskap aanvaar – het sy eenvoudig wonders verrig.

Saam met Jeannie Lawson het sy die verste noord van enige sendeling tot op daardie stadium met die evangelie gegaan en só op ’n treffende wyse mense se lewens verander.

Een gesprek met Jeannie het my veral aangegryp.  Reg aan die begin toe sy daar aankom, het sy ’n teregstelling aanskou, en was teen die grond oor die wreedheid daarvan.  Jeannie se perspektief daarop en hoe ons as Christene ook moet dink oor ons roeping en ons passie vir verandering, is as volg:

“There are many things that are horrible in China.  But they will change – one thing at a time with the help of the Lord.  And that’s what we are here for.”

Daarby het sy gevoeg:

“It’s a hard life for a young woman, But it won’t seem hard, I promise you.  When at my age you look back, it will only seem beautiful.”

Die idee vir die herberg se naam, The Inn of the Sixth Happiness, kom van die 5 vreugdes waarvan Chinese praat: welvaart, lang lewe, gesondheid, deugsaamheid, en ‘n vredevolle dood op ’n hoë ouderdom.  Die sesde in Jeannie se oë is die een wat jy self uitvind, en wat natuurlik ook die evangelie van Jesus Christus insluit.  Dit is waarom sy die naam vir die herberg gekies het.

Dat die mandarin haar hulp inkry om met voet-inspeksies die eeue-oue gebruik van voetbindery stop te sit, was aan die een kant ’n regtige gevaarlike onderneming.  Maar dit word ook die manier waarop sy haar geloof met mense kan deel, waardeur sy slaag in haar passie en roeping, om ’n getuie vir Jesus in China te wees. En, soos sy op ’n punt sê, haar beker van geluk loop oor.

Sy stop selfs een keer ’n tronkopstand en bring daardeur groot hervormings te weeg in die tronk.  Soos die mandarin van haar sê: “She thrives on difficulties!”

Sy kry uiteindelik die naam Jenai – die een wat mense liefhet.  Op ’n stadium sê ’n kolonel, Lin Nan, tussen wie daar volgens die fliek ’n verhouding ontwikkel, hoewel sy dit in die werklike lewe ontken het, vir haar: “I love China as it could be” waarop sy antwoord, “I love China as it is.” En haar hele lewe word gewy daaraan om stukkie vir stukkie deur haar liefde vir mense hulle ’n gevoel van menswaardigheid te gee en ’n verskil te maak.

Die mandarin word uiteindelik ’n Christen, oortuig deur haar liefde vir mense.

Met die Tweede Wêreldoorlog wat uitbreek, word sy met 100 weeskinders gelaat (50 volgens die fliek), met wie sy oor die berge na veiligheid trek – met die liedjie: “This old man, he played one, he played knick-knack on my thumb, with a knick-knack paddy-whack, give a dog a bone, This old man came rolling home.” om die kinders moed te gee.

Die fliek is gebaseer op die boek The Small Woman van Alan Burgess (1957).

Sy is na die 2de Wêreldoorlog na Taiwan en het daar ’n kinderhuis begin wat sy tot haar dood bestuur het.  Sy is vandag nog in China bekend as Ai-weh-deh – die deugsame vrou – of Jenai, soos die dorpie haar geken het – die een wat mense lief het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…