Skip to main content

Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10

Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag. (NLV)

Hierdie gedeelte is die hart van die boodskap van hierdie brief.  Dit is duidelik dat Paulus hierdie brief skryf om sekere idees en praktyke wat begin posvat het in die gemeente se invloed teë te werk. Dit is dus nie net die mense self – dwaalleraars – wat aangevat word nie.  Hy vat primêr hulle idees en praktyke aan.

Paulus beklemtoon dat ander mense in die Kolossense se lewenswandel moet kan sien dat hulle die Here aangeneem het en verbonde aan Hom lewe. Hulle geloof en gedrag, hulle leer en lewe, moet ooreenstem. Dit beteken onder andere dat hulle versigtig moet wees vir leë filosofieë en leringe wat slegs op menslike tradisies berus het. Dit sluit selfs die Joodse reëls oor die besnydenis en feeste in. Hulle moet die gesonde leer van Christus aanhang soos dit aan hulle oorgelewer is.

1. Watter leë filosofieë en leringe wat slegs op menslike tradisies berus sien jy raak in jou omgewing? Watter invloed het dit op Christene wat jy ken?

2. Hoe kan jy help dat ander die slegte invloed van sulke leringe kan raaksien en vermy?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou geloof en gedrag net op die Christelike boodskap in die Bybel gebaseer mag wees.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 2 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar