Skip to main content

Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8

‘n Simbool vir die Trinitariese karakter van die Geloofsbelydenis van Nicea

Jy moet ’n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie. (NLV)

1. Paulus se brief aan Titus moedig hom aan om ‘n gesonde geloof (hfst 1), ‘n gesonde leer (hfst 2) en ‘n gesonde lewe (hfst 3) te handhaaf. Waarom dink jy is ‘n gesonde (suiwer) leer só belangrik?

2. Paulus is van mening dat ‘n gesonde leer teenstanders sal beskaam en hulle mond snoer. Wat sê dit vir jou van die poging van baie wat vandag die Christelike leer aanpas by die wetenskaplike, sosiale en kulturele kennis van die dag?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die gebod van die Here om ‘n gesonde geloof, ‘n gesonde leer, en ‘n gesonde lewe te handhaaf.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Titus 2 sowel as my bydrae daaroor: Titus 2:1-15 – Gesonde leer.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar