Skip to main content

Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne

Inleiding

Dit is interessant hoe anders die Here werk as wat ons sou verwag met koerswysigings vir die kerk.  ‘n Mens sou verwag dat Hy sy mense sou bemagtig en die paaie vir hulle gelyk sou maak, genoeg geld voorsien, en alle teenstand voor hulle sal wegvee.

Maar dit is nie hoe God werk nie.  Dit leer ons teks ons net weer vandag.  Die kerk in Europa begin met ‘n baie ontwrigtende ervaring.  Paulus en sy mense wil in ‘n ander rigting as wat die Here wil, en ons teks sê vir ons, dat dit die Gees van Jesus is wat hulle planne ontwrig en hulle verhinder om hulle eie kop te volg, selfs al is hulle besig om die evangelie te verkondig.

Deur die gesig van die Masedoniese man (’n Griek wat, ironies genoeg, hulpeloos is) lei die Gees vir Paulus-hulle op die regte pad. En dit is ‘n baie belangrike lewensles wat ons telkens weer moet leer.  Die Here is nie afwesig in ontwrigtende gebeure nie.  Trouens, Hy is meesal daarbinne besig om sy wil uit te voer. 

Só sien ons dit met die vervolging wat uitbreek in Jerusalem met Stefanus se dood.  Die kerk het gedreig om net ‘n Joodse beweging te bly, en die vervolging dwing die jong kerk om oor sy grense te beweeg.

Só sien ons dit met die sendingreise van Paulus.  Telkens wanneer daar teenstand is, of een of ander ontwrigtende gebeure, dan word ‘n nuwe beweging van die Here gebore.  Jy kan amper ’n weddenskap daarop plaas – as daar ontwrigting is, dan is iets diepgaande besig om te gebeur.

Die eerste Europeër wat glo, is ‘n vrou

En dit is darem net wonderlik, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo (Handelinge 16:11 vv).  Die Gees se ontwrigtende werk in Paulus-hulle se lewe, lei hulle direk na die vrou op die walle van die Gangites rivier in Filippi, Griekeland.  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Dit wys ons hoe baie keer God ongewone mense gebruik in die verspreiding van die evangelie na nuwe gebiede.  In Afrika was dit ‘n Ethiopiese ontmande. In Europa was dit ‘n Grieks-Joodse vrou.  Dit is asof God sulke mense kies om van die begin af te wys dat HÝ agter die diversiteit in gelowiges staan en verandering bring van die periferie af om só ‘n sterk eenheid tussen diverse mense te smee.

Lidia nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huisgesin die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament.  Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.

Ons lees regdeur die brief aan die Filippense hoe Paulus hierdie eerste Europese gemeente liefgehad het en dat hulle hom terug liefgehad het.  Geen wonder dat die brief so vol van vreugde en blydskap is nie, en daarby ‘n oproep is aan almal is om dié vreugde oral te versprei.

Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo.  Paulus mors dus nie tyd nie. Wanneer jy met jou hele hart glo, is jy alreeds ‘n deel van die liggaam van Christus, en moet jy daarom gedoop word, jy en jou mense.  Geen kategese nie, net geloof in Christus.

‘n Slavin word bevry

Soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand egter nie uit nie.  Geen goeie ding gebeur immers ooit sonder dat die magte van die bose dit probeer dwarsboom nie!  Maar, ons weet nou al, soos die gebeure in Missië en Troas ons gewys het, die Here is in dit alles aan die werk, ook in die ontwrigting wat hulle getuienis ontketen in die stad.

Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand in Filippi.  Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees.  Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is.  Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het. 

Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.

Die eerste hindernis, die slawemeisie, demonstreer op geen onseker wyse nie, dat God sterker is as die magte van die duisternis.  Maar die oorlog het natuurlik nog net begin!

‘n Tronkbewaarder word gered

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand, die tweede hindernis, en word hulle in die tronk gegooi. 

Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder.  Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang.  Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red.  Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.

Die tweede hindernis, die stadsraad wat Paulus en Silas in die tronk gooi, word dus nie net oorkom deurdat die aardbewing die deure van die tronk oopforseer nie, maar die tronkbewaarder self kom tot bekering, hy en sy hele huis, en hulle word gedoop.

Die eerste gemeente in Europa word gestig

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis.  En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.

Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome.  En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het.  Die eerste lidmate van hierdie pragtige gemeente begin dus hulle lewe in die huis van Lidia en word die grootste ondersteunersgroep van Paulus in die res van sy bediening.

Jou lewe is nie net in jou hande nie

Andrew Walls, kruis-kulturele ekspert, sê kategories: “The fundamental missionary experience is to live on terms set by others.”

En ons moet dit baie goed besef.  Want dit kos jou iets.

Paulus is hier afhanklik van mense se gasvryheid.

Die goeie wat hy doen, is nie noodwendig goed in ander se oë nie, veral nie in die eienaars wie se inkomste hulle ontneem is deur die slawemeisie wat nie meer kon waarsê nie.

Die boodskap het ook onbeplande gevolge: die stadsbestuur laat hulle op sleeptou neem deur die eienaars van die slawemeisie en Paulus en Silas – dit lyk asof die ander twee te jonk was of nie prominent genoeg nie (Timoteus en Lukas) – beland in die tronk.

Die vrug op die evangelie kom dus deur konflik heen, deur baie teenstand, deur lyfstraf en met jou voete in houtblokke in die tronk.

Dit sal ook nooit anders wees vir ons nie – om die evangelie te lewe, is om dit te lewe op die terme wat ander mense stel.  En die konflik en hindernisse en lyding wat daarmee gepaard gaan, moet ons nie afskrik daarvan om die veilige grense van ons gemeentelike lewe te oorskry nie.

Jou lewe is in God se hande

Wat ons hoop gee om dit te doen, is dat dit gelukkig ook net so waar is, as jy oor grense beweeg met die evangelie, as jy sy leiding volg, is jou lewe en die uitkoms daarvan in God se hande.

  • Die onbeplande gevolge van die tronk word bv. deur God getroef deur ‘n aardbewing en die oopgaan van die tronkdeure en die vernederende verskoning-vra van die stadsbestuur.
  • En God skep met die skraal begin van ‘n paar vroue en ‘n tronkbewaarder een van die mooiste gemeentes van die antieke tyd.

Sonder dat jy jou voet oor ‘n ander se drumpel sit, en toelaat dat jou lewe ook deur daardie persoon se optredes bepaal word, goed of sleg, sal jy selde ervaar dat jou lewe en die lewe van ander mense in God se hande is nie.

As lyding en teenstand deel is van die evangeliese lewe, dan is dit net so waar dat grensoorskryding jou in die hande van God plaas wat in staat is om jou te bewaar en vrug te gee op jou boodskap en getuienis.

Die evangelie sluit mense uit alle nasies in by die gemeente van God

Wat egter seker die mees motiverende boodskap van dié gedeelte is, is dat grensoorskryding die groeipunt van die kerk is.  Die kerk groei net as die kerk oor sy grense beweeg en mense wat anderkant ons eie grense lewe, deel maak van die gemeente van die Here.

Ek wil dit sterk stel – net kerke wat dit regkry om grense te oorskryf, groei.  Kerke wat laer trek en eksklusief raak, hetsy in kultuur of taal of etnisiteit of watter ander gemene deler ook al, sterf op die langtermyn uit.

Die kerk is immers die fees van die vereniging van andersins onversoenbare entiteite.  Christus Jesus skep deur die evangelie ’n nuwe mensheid, ’n nuwe huisgesin van God, wat opgebou is uit diverse mense. 

Dit sien ons helder in die gemeente in Filippi.  Hulle word van die begin af uit ‘n diverse groep mense saamgestel.  Die eerste drie gemeentelede (kom ons aanvaar dat die slawemeisie deel van die gemeente geword het) was baie verskillend:

  • ekonomies: ’n arm slawe-meisie, ’n middelklas tronkbewaarder en die ryk vrou Lidia;
  • geslag: ‘n paar vroue en ‘n man;
  • generasies – Lidia en haar gesin, die tronkbewaarder en sy gesin;
  •  etnies: ten minste ‘n Romeinse burger en ‘n Griekse Jood en nog ‘n onbekende etnisiteit, die slawemeisie;
  • en polities: tronkbewaarder, Grieks-Joods vrou en slawe-meisie.

Dit moet ons laat kyk na ons bediening.  As ons te eenders lyk, skuif ons nie genoeg oor die grense nie, en ek bedoel nou ekonomies, sosiaal, ouderdom, polities ens.

Die droom wat God vir ons het, is dat ons inklusief sal wees, dat mense anderkant die grense van ons kultuur en gemaksones deel van ons sal word, dat ons in ons gasvryheid, diens en getuienis mense sal intrek en deel maak van die gemeente van God. 

En meesal beteken dat ons na hulle toe moet uitreik, eerder as dat ons verwag dat hulle na ons toe moet kom.  Daaraan moet elkeen van ons werk.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.