Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6

Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word. (NLV)

1. Paulus beklemtoon hier dat die vryspraak van die sonde deur geloof ontvang word. Vryspraak is ‘n geskenk van God. Die Gees werk dit in ons. Geloof is die hand waarmee jy dit aanvaar en vir jouself toeëien. Hoe dink jy daaroor?

2. Paulus spel die gevolge van geloof in ‘n mens se lewe uit. Die ware geloof word: “deur liefde dade”. Hoe werk dit prakties in jou lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volkome vrygespreek is deur God. Jy is verenig met Christus wat beteken dat geloof ook in jou deur liefde dade kan word.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Galasiërs 5:1-12 en my bydrae daaroor: Galasiërs 4:21-5:12 – VERBONDSGEMEENSKAP: geloof wat deur dade tot liefde oorgaan.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: