Skip to main content

Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16

Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word. Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys! (NLV)

1. Jesus gebruik hier twee basiese metafore om ons rol in die wêreld te beskryf. Dink na oor wat elkeen van die metafore prakties van jou vra.

2. Hoe verskil ‘n voorbeeldige lewe van ‘n lewe waarin die wet nagekom word? Dink veral aan die Tien Gebooie.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou verlos het om voorbeeldig te lewe sodat mense dit kan sien en jou hemelse Vader daarvoor kan prys.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 5 en my bydrae daaroor: Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar