Skip to main content

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80

73U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. 74Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. 75Ek weet, Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. 76Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. 77Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. 78Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het;maarék oordink u bevele. 79Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken. 80Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie. (Ps 119:73-80)

1. Die Here het ons nie net gemaak nie, maar inspireer ons om sy gebooie te kan leer en daaruit te leef. Oordink die blywende betekenis van die wet vir jou lewe.

2. Loof die Here vir die wonder van die boodskap van die hele Skrif wat die blywende basis bly vir ons lewe in en vir God.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die Skrif.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 en my bydrae daaroor: Die hele Psalm 119 en Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar