Skip to main content

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22

Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf. Wat meer is, ons het ’n groot priester wat toesig hou oor die huis van God. Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met ’n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van ’n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water. (NLV)

1. Dit is nie genoeg om geloofsekerheid te hê nie, hoe belangrik dit ook al is by die begin van die pad met God.  Geestelike groei kom wanneer ons vrymoedigheid voor God eksponensieel toeneem soos ons al hoe meer die voorreg om met Hom gemeenskap te hou, benut. Hoe ervaar jy dit in op jou pad met die Here?

2. Die woord vrymoedigheid dra ook die betekenisse van moed, vertroue, reguit en openhartig (in Engels: courage, boldness, confidence, en frankness). Vrymoedigheid is só noodsaaklik in ons kontak en gesprek met God.  Dit is net so noodsaaklik in ons omgang met mense. Hoe ervaar jy dit? Hoe kan dit by jou groei?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vrymoedigheid wat jy voor die Here het om met enigiets na Hom te gaan.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Hebreërs 10 lees en my bydrae daaroor: Hebreërs 10:19-39 – Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar