Skip to main content

Vraag 48: Wat is die Christelike tug?

1. Wat is die Christelike tug?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die Christelike tug is een van die sleutels wat die koninkryk van die hemel vir gelowiges oopsluit en vir ongelowiges toesluit. Die ander sleutel is die verkondiging van die evangelie. Mense wat ’n onchristelike leer of lewe handhaaf, word as teken hiervan uit die geloofsgemeenskap uitgesluit ter bemoediging en bekering. Daarom word hulle terugverwelkom wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys.

3. Lees Matteus 18:15-20. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Help dit jou om die Christelike tug beter te verstaan?

Ons moet mekaar terugwen deur met mekaar te praat Jesus wil hê dat ons foute sal regstel deur mekaar terug te wen! As iemand iets verkeerds teen jou gedoen het, praat eers alleen. As dit nie slaag nie, neem nog mense saam. As dit nie slaag nie, sê dit vir die gemeente. Jesus verseker ons: “As twee van julle hier op aarde saamstem oor enigiets wat julle van God wil vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar.” Hierdie saampraat is een van die sleutels wat die koninkryk van die hemel vir gelowiges oopsluit en vir ongelowiges toesluit.

5. Watter dinge is vandag ‘n onchristelike leer of lewe?

6. Hoe moet ons mense help ter bemoediging en bekering?

7. Wat moet ons doen as mense nie luister nie?

8. Hoe kan ons mense terugverwelkom wanneer hulle verbetering beloof en bewys?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.