Skip to main content

Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36

Hy wat van bo kom, troon bo almal uit. Hy wat uit die aarde ontspring het, is deel van die aarde en praat as deel van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, troon bo almal uit. Wat Hy gesien en gehoor het, daaroor getuig Hy, maar niemand aanvaar sy getuienis nie. Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur verseël dat God regtig God is. Hóm het God gestuur om die woorde van God mee te deel, want God gee Hom sy Gees sonder om dit af te meet. Die Vader het die Seun lief en Hy het Hom gesag oor alles gegee. Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom. (NLV)

1. Wat leer Jesus jou hier oor die gesag waarmee Hy praat en die volmag wat Hy oor die ewige lewe en die dood het?

2. Watter rol speel geloof en gehoorsaamheid in die ervaring van die ewige lewe? Wat is die lot van dié mense wat aan Jesus ongehoorsaam is en dus nie in Hom bly glo nie?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat jy die ewige lewe in Jesus het en dat die Gees aan jou gegee is om jou daaraan te herinner.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 3 lees en my bydrae daaroor: Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar