Tien woorde van Troos
Wat troos jou?

Ek onthou toe ek vier jaar oud was, het ek een die nag van my bed afgeval. Dit was donker. Ek was bang. En ek het geroep. My ma het gekom. Interessant nie my lig aangesit nie. My opgetel, my terug gesit in die bed, en ‘n tydjie daar gesit. Tot ek rustig was en weer aan die slaap geraak het. Sy het dit reggekry om my te troos.
Ek onthou toe ek 25 jaar oud was, was ek op ‘n toer saam met ‘n paar klasmaats. Dit was 1983 en ons wou agter kom wat gaan in ons land aan. Ons het by ‘n paar universiteite gesels met mense wat deel was van die struggle. ‘n ANC aktivis in Durban. Beyers Naudé in huisarres. Frank Chikane by die SARK se kantore.
Toe was ons op pad om in Mamelodi te oornag. Vreemde omgewing. Met ‘n motor waarvan die brieke skielik vasslaan toe ons by ‘n vulstasie stop. ‘n Peugeot 504. Onbeweeglik. Ons is gestrand. Dit is die dae voor selfone. Niemand weet wat ons moet doen nie.
Ek bel my pa. Met sy luister en raad gee, het my gekalmeer. Dit het vir my gevoel asof hy enigiets sou los om daar by my te wees, al was ek meer as ‘n duisend kilometer van hom af. Dit het my getroos.
Ons het ons kontak in Mamelodi gebel om twee van ons studente te kom haal, Johan en Bobbie. Ek en die ander student, Gert, ons klaskaptein, het die nag in die motor deurgebring by die insleepdiens. Die volgende dag is die motor reggemaak en kon ons voortgaan en een van die mees leersame ervarings van my studente dae voltooi.
Wat troos jou in die dood?
Maar, hierdie verhale is almal verhale van troos in en vir hierdie lewe. Vir die onsekerheid van ‘n vierjarige. Vir die onervarendheid van ‘n 25 jarige. En jy sou jou eie verhale daaroor kon vertel.
Wat is egter jou troos as jy sou sterwe? As jy sou doodgaan? Skielik. Of langsaam.
Wie is dan daar om jou hand te vat? Wie is daar om jou te troos? ‘n Troos wat nie net vir hierdie lewe tel nie. Maar wat jou deur die dood kan vat, ‘n troos wat vir ewig kan hou?
Dit is die vraag wat die Hervorming gevra het. Dit is die vraag wat Zacharias Ursinus en Casper Olevianus geantwoord het in hulle Kategismus het toe hulle in Heidelberg deur die kroonprins van een van Duitsland se invloedrykste provinsies, Frederick III, gevra is om vir jongmense leiding te gee.
Wat is jou enigste troos in lewe en dood?
Want, daar is baie dinge wat jou kan troos in hierdie lewe. Gesondheid. Rykdom. Plesier. Verhoudings. Prestasies. Avontuur. Erkenning. Kinders.
Maar dié dinge is onderworpe aan die uitdagings van siekte, verlies, verwerping, ouderdom. Niks hou vir altyd nie. Daarom kan dit nie troos vir altyd nie.
Wat is dus jou enigste troos in lewe en dood?
Tien woorde van Troos
Ursinus en Olevianus het ‘n antwoord gegee, in tien stellings, sorgvuldig saamgestel uit die boodskap van die NT. Uit die evangelies. Uit die briewe. 27 kragtige verse. Geskryf vir die jongmense van hulle tyd:
“My enigste troos in lewe en dood is dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort (c). Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal (d) en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos (e). Hy bewaar (f) my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie (g). Alles moet inderdaad tot my saligheid dien (h). Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe (i) en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe (k).”
(a) Rom 14:8. (b) 1 Kor 6:19. (c) 1 Kor 3:22; Tit 2:14: (d) 1 Pet 1:18, 19;1 Joh 1:7; 2:2, 12. (e) Heb 2:14;1 Joh 3:8; Joh 8:34-36. (f) Joh 6:39; 10:28; 2 Tess 3:3; 1 Pet 1:5. (g) Matt 10:30; Luk 21:18. (h) Rom 8:28. (i) 2 Kor 1:22; 5:5; Ef 1:14; Rom 8:16. (k) Rom 8:14;1 Joh 3:3:
1. Die troos is vir liggaam en siel, vir lewe en dood
Hulle verseker ons die troos is nie net vir jou liggaam nie. Dit is ‘n troos ook vir jou siel, jou binnekant. Die troos is genoeg vir jou lewe en jou sterwe. Vir alles wat jy kan ervaar.
Daarom kies hulle Paulus se boodskap in Romeine 14:8 om dit oor te dra:
“8Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.” (Rom 14:8)
2. Die troos kom nie uit jouself nie
Hulle weet die troos moet aan die een kant van buitekant af kom. Dit moet soos ‘n ma of ‘n pa jou hart tot rus bring. Dit is oorsaak dat ‘n mens regtig tot rus kan kom. Omdat Iemand omgee.
Maar, die troos moet aan die ander kant ook op ‘n manier in jou binnekant gebêre word, anders gaan jy sukkel die bron van jou troos nie naby jou is nie. Die troos moet in jou hart gebêre wees.
Daarom kies hulle Paulus se boodskap in 1 Korintiërs 6:19 om dit oor te dra:
“19Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?” (1 Kor 6:19)
Dit is een van die gelukkigste gedagtes wat ‘n mens kan hê! Baie beter as die “happy thoughts” van ‘n Peter Pan. Die Heilige Gees woon in jou. Jy is ‘n tempel van die Heilige Gees. Hy word nie verniet die Trooster genoem nie. Hy is vir ewig vir jou gegee. Elkeen wat in Jesus Christus glo, elkeen wat aan Hom behoort, het die Heilige Gees as ‘n gawe ontvang.
3. Die enigste troos is dat jy aan jou getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort
Daarom haal hulle Paulus aan vroeër in sy eerste brief aan Korintiërs en beklemtoon dat deur die geloof in Christus behoort ons almal aan Hom:
“22of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle; 23maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.” (1 Kor 3:22-23)
Hulle voeg daarby die woord van Paulus aan die jong Titus, die “trouble shooter” leraar wat in Kreta gewerk het, en beskryf die voordele wat dit vir ons inhou:
“14wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” (Tit 2:14)
Baie keer is ons hartseer oor dinge wat onsself verkeerd doen. Voel ons skuldig oor óf iets wat ons gedoen het, óf iets wat ons juis nie gedoen het nie. Soms wonder ons of ooit ‘n slegte gewoonte sal kan stop.
Dit is die troos wat Christus bring. Hy is vir jou as Verlosser gegee. Elkeen wat aan Hom behoort, word nie net verlos van alle ongeregtigheid nie, maar word gereinig van hulle sondige gewoontes, sodat hulle die Here kan dien met goeie werke. Dit is immers waarvoor God ons geroep het.
4. Die troos is dat Jesus met sy kosbare bloed vir al ons sondes ten volle betaal het
Ursinus en Olevianus het geweet dat die skuld van die sonde ‘n groot las is en ons vreugde steel. Daarom beklemtoon hulle as troos dat Jesus met sy kosbare bloed vir al ons sondes ten volle betaal het.
Hulle haal vyf tekste aan om dit te onderstreep.
Die eerste twee uit Petrus se eerste brief beklemtoon die vryheid wat ons ontvang. Dit is die bloed van Jesus wat ons uit ‘n sinnelose bestaan losgekoop het om ons vreugde in God te vind:
“18omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos.” 1 Pet 1:18-19
Die ander drie tekste uit Johannes se eerste brief beklemtoon die reiniging van alle sonde, vir almal wat in Hom glo:
“7Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” ( 1 Joh 1:7)
“2En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” (1 Joh 2:2)
“12Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.” (1 Joh 2:12)
5. Die troos is dat ons uit alle heerskappy van die duiwel verlos is
Ursinus en Olevianus het ook geweet dat die duiwel ‘n groot realiteit is in terme van versoekings en beproewings en beklemtoon dat Christus ons uit alle heerskappy van die duiwel verlos het. As troos in aanvegting. As bemoediging tot volharding.
Dit is Hy wat die een wat ons bangmaak met die dood, die duiwel, oorwin het. Jesus het in ons menslike bestaan ingeklim om deur sy eie dood die duiwel se greep op die dood te verbreek. So verwoord die Hebreërskrywer dit:
“14Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig.” (Hebr 2:14)
Daarby gee Ursinus en Olevianus die waarskuwing dat dit nie beteken dat ‘n mens in die sonde kan bly nie, want dan stel jy jouself bloot aan die heerskappy van die duiwel. So verwoord Johannes dit in sy eerste brief:
“8wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.” (1 Joh 3:8)
Hulle haal ook vir Jesus self aan in Johannes se evangelie dat elkeen wat ‘n slaaf van die sonde bly, nie deel is van die huisgesin van God nie. Dit is eers as die Seun jou vrygemaak het wat jy waarlik vry sal wees:
“34Jesus sê toe vir hulle: ‘Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde. 35’n Slaaf bly nie vir altyd by ’n huisgesin nie; ’n seun bly vir altyd. 36Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.’” (Joh 8:34-36)
6. Die troos is dat God self ons bewaar
Met ‘n kort bondige stelling, bring die skrywers van die Kategismus die bewaring van God in spel as troos. Die troos is dat God self ons bewaar.
Hulle gebruik Johannes, Paulus en Petrus as getuienis van hierdie gerusstellende waarheid van God se bewaring.
Twee gedeeltes in Johannes bevestig God se bewaring tot in die ewige lewe:
“39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.” (Joh 6:39)
Jesus sal nooit een van ons laat verlore gaan nie. Niemand sal ons uit sy hand ruk nie:
“28Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” (Joh 10:28)
Paulus bevestig dat die Here getrou is en ons van die bose bewaar:
“3Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar.” (2 Tess 3:3)
Petrus beklemtoon dat dit ‘n werklikheid is wat deur die misterie van geloof vir ons oopgaan dat die krag van God in ons werk om ons veilig te bewaar vir die saligheid wat wag:
“5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.” (1 Pet 1:5)
7. Die troos is dat sonder die wil van ons hemelse Vader geen haar van jou kop kan val nie
Daarby gee hulle ‘n uitsonderlike voorbeeld van hoe God se bewaring werk, só dat sonder die wil van ons hemelse Vader, geen haar van ons kop kan val nie.
Hulle doen dit deur twee uitsprake van Jesus in Matteus en Lukas met mekaar te verbind wat ons troos met die boodskap dat God van alles weet, en betrokke is by alles wat met ons gebeur.
“30Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.” (Matt 10:30)
“18daar sal selfs nie eens ’n haar van julle kop af val nie.” (Luk 21:18)
8. Die troos is dat alles inderdaad tot jou saligheid moet dien
Die tema van bewaring word aangevul met ‘n verstommende stelling: “Alles moet inderdaad tot my saligheid dien.”
Daar is waarskynlik geen groter troos vir hierdie lewe as juis hierdie een van Paulus in Romeine nie:
“28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom 8:28)
9. Die troos is dat die Heilige Gees jou verseker van die ewige lewe
Hulle koppel dit aan die werklikheid van die Heilige Gees wat ons ook verseker van die ewige lewe.
Paulus is daarvoor aan die woord. Twee keer in sy tweede brief aan die Korintiërs, een keer uit elkeen van die briewe aan die Efesiërs en die Romeine:
Ons is as God se eiendom verseël:
“22ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.” (2 Kor 1:22)
Die Heilige Gees is die een wat ons as waarborg gegee is dat God ons vir die oorgang na die ewige lewe voorberei:
“5Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.” (2 Kor 5:5)
Hy het verder belowe dat ons volkome verlos sal word:
“14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” (Ef 1:14)
Dit is hierdie Gees wat saam ons gees getuig dat ons kinders van God is, ‘n waarheid wat vir my reeds op twaalfjarige ouderdom oopgegaan het ‘n keer toe my ma hierdie vers by huisgodsdiens gelees het:
“16Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” (Rom 8:16)
10. Die troos is dat Hy jou van harte gewillig maak om voortaan vir Hom te lewe
Ursinus en Oleviansus sluit hulle tien stellings af met die troos wat daar lê in ‘n lewe vir God. Want, hierdie Here maak ons van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.
Dit is die werk van die Gees, soos Paulus ons herinner. Maar, ook iets wat ons toelaat:
“14Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.” (Rom 8:14)
Omdat die Gees ons lei, kan ons nie anders as om onsself rein te hou soos Jesus self rein was:
“3Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” (1 Joh 3:3)
View all posts in this series
- Wie is God?
- Vraag 1: Wat is God?
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38
- Vraag 3: Wat is die mens?
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104
- Vraag 5: Hoe ken jy God?
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- God bestaan en God praat – Psalm 19
- Vraag 6: Wat is die Bybel?
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod?
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte
- God wil ons heilig maak
- Vraag 15: Wat is sonde?
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Vraag 16: Wat is afgodery?
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte
- Gideon verruil God vir afgode
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte
- Die krag van die kruis
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte
- Tien woorde van Troos
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte
- As iemand nie van bo-af gebore word nie
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus?
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan?
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
- Vraag 26: Wat is die Vader?
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte
- Ek is doodsbenoud
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun?
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte
- Die Seun is die Woord van God
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11
- Blaaskans vir Pinkster
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte
- God-flavors en God-colors
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees?
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou?
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte
- Hoe “praat” die Heilige Gees?
- Vraag 40: Wat is gebed?
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte
- Tien gebede van Nehemia
- Vraag 41: Hoe moet jy bid?
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8
- Vraag 42: Wat moet jy bid?
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader?
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Laat u wil geskied
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Vertrou op die kragtige hand van God
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk?
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug?
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte
- Reik uit na dié wat teen jou sondig
- Vraag 49: Wat is die sakramente?
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14
- Vraag 50: Wat is die doop?
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne
- Vraag 49: Wat is die nagmaal?
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte
- Die belofte van die ewige lewe
Tags: Wie is God?
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/
Chris van Wyk
| #
Hi Frans – ek het ‘n paar gedagtes oor vas geplaas by: https://bybelskool.com/die-plek-van-vas-in-geloofsgewoontes/. Daarin is ‘n pdf van Calvyn oor vas.
Frans Scheepers
| #
Ek soek na handleiding vir die tyd waarin ons is, vir die pandemie. Veral oor intense gebed.
Chris van Wyk
| #
Dankie Chantelle – jy kan my bydraes oor Esegiël hier bereik: https://bybelskool.com/esegiel-blad/
Chantelle
| #
Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel.
Kan my kontak op my epos Dankie
Groete
Chantelle du Plessis
Chris van Wyk
| #
Hi Anton
Dit is nie my punt nie, maar die punt van die Dordtse Leerreëls op grond van die Skrif. Hier is dit in konteks aangehaal:
1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).
2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).
3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).
4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).
5. Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29).
6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlor is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos.
7. Hierdie uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ‘n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Deur sy Woord en Gees roep en trek God die uitverkorenes kragdadiglik tot gemeenskap met Hom. Hy het dus besluit om aan die uitverkorenes die ware geloof in Christus te gee, hulle te regverdig en te heilig en om hulle, wat kragtig in die
gemeenskap van sy Seun bewaar word, uiteindelik as bewys van sy barmhartigheid en tot lof van sy oorvloedige en heerlike genade te verheerlik. Soos geskrywe is: In Christus het God Hy ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons vir sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde (Ef 1:4,5,6); en elders: Die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook
verheerlik (Rom 8:30).
8. Hierdie uitverkiesing is nie veelvoudig nie, maar een en dieselfde vir almal wat salig word, in die Ou sowel as in die Nuwe Testament. Die Skrif verkondig immers aan ons net een welbehae, voorneme en raad van die wil van God. Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot die genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg na die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef 1:4,5; 2:10).
9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.
10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het. Soos geskrywe is: Toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, …, is vir haar (nl Rebekka) gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat (Rom 9:11,12,l3); en: Daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe (Hand
13:48).
11. God self is alwys, onveranderlik, alwetend en almagtig, en daarom kan sy daad van uitverkiesing nie ongedaan gemaak, oorgedoen, verander, herroep of afgebreek word nie. Die uitverkorenes kan ook nie verwerp of in getal verminder word nie.
12. Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur verskillend en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenhede en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem. Hierdie onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is die ware geloof in Christus, die kinderlike vrees van God, die droefheid oor die sonde volgens die wil van God, die honger en dors na die geregtigheid, ensovoorts (2 Kor 13:5).
13. Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur ‘n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te
wandel.
14. Hierdie leer van die Goddelike uitverkiesing is verder, volgens die wyse besluit van God, deur die profete, deur Christus self en deur die apostels in sowel die Ou as die Nuwe Testament verkondig. Daarna is dit in die heilige Skrifte bekend gemaak en bewaar. Daarom moet dit vandag nog op die regte tyd en plek in die kerk van God – waarvoor dit in die besonder bestem is – uiteengesit word. Hierdie leer moet egter oordeelkundig, met gelowige eerbied en heilige ontsag, sonder ‘n nuuskierige ondersoek na die weë van die Allerhoogste, verkondig word. Dit alles moet gebeur tot eer van die heilige Naam van God en tot ‘n lewende troos vir sy volk (Hand 20:27; Rom 12:3; 11:33,34; Heb 6:17,18).
15. Verder toon die heilige Skrif hierdie ewige en onverdiende genade van ons uitverkiesing baie duidelik aan en verkondig dit nadruklik aan ons. Dit getuig bowendien dat nie alle mense uitverkies is nie, maar dat sommige nie uitverkies is nie of in die ewige uitverkiesing van God verbygegaan is. God het besluit om hulle, na sy volkome vrye, regverdige, onberispelike en onveranderlike welbehae, in die gemeenskaplike ellende te laat bly. Daarin het hulle hulleself deur hulle eie skuld gestort. God het immers besluit om nie aan hulle die saligmakend~ geloof én die genade van die bekering te gee nie. Om sy geregtigheid te openbaar, het God besluit om hierdie mense aan hulleself oor te laat, hulle onder sy regverdige oordeel te laat bly en om hulle nie alleen oor hulle ongeloof nie, maar ook oor al hulle ander sondes te veroordeel en ewig te straf. Dit is die besluit van die verwerping, wat God hoegenaamd nie tot bewerker van die sonde maak nie, want dit sou ‘n godslasterlike gedagte wees. Inteendeel, dit sê juis dat God ‘n gedugte, onberispelike en regverdige Regter is wat die sonde straf.
16. Hulle wat die lewende geloof in Christus, die vaste vertroue, die gewetensrus, die beoefening van kinderlike gehoorsaamheid en die roem in God deur Christus nog nie ten volle ervaar nie – ofskoon hulle die middele gebruik waardeur God hulle beloof, het om hierdie dinge in ons te bewerk – moet nie mismoedig word wanneer hulle van die verwerping hoor nie. Hulle moet hulleself ook nie onder die verworpenes reken nie, maar ywerig voortgaan om die middele te gebruik, vurig verlang na die tyd van oorvloediger genade en dit ook met eerbied en ootmoed verwag. Hulle wat ernstig begeer om hulle tot God te bekeer, om Hom alleen gehoorsaam te wees en van die liggaam van die dood verlos te word, maar op die pad van die vroomheid en die geloof nog nie so ver gekom het as wat hulle wel wou nie, behoort nog minder die leer van die verwerping te vrees. Die barmhartige God het immers beloof dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus en die geknakte riet nie sal verbreek nie. Maar
hierdie leer is tereg verskriklik vir almal wat God en die Verlosser, Jesus Christus, verag en hulleself geheel en al aan wêreldse sorge en sondige begeertes oorgegee het. Dit sal so bly solank hulle hulle nie met erns tot God bekeer nie.
17. Die Woord van God, waaruit ons die wil van God leer ken, getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is. Hulle is nie van nature heilig nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie (Gen 17:7; Hand 2:39;1 Kor 7:14).
18. Teen iemand wat oor hierdie genade van die onverdiende uitverkiesing en gestrengheid van die regverdige verwerping in opstand is, stel ons die woorde van die apostel: O, mens, wie is jy wat teen God antwoord? (Rom 9:20); en ook die woorde van ons Saligmaker: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? (Matt 20:15). Maar ons wat hierdie verborgenhede godvresend en met eerbied aanbid; roep saam met die apostel uit: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken of wie was sy raadsman gewees? Of wie het iets aan Hom gegee, dat dit vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Rom 11:33-36).
Anton
| #
Chris, jou punt 7 is tog duidelik onwaar. Jy sê: “Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.”
Verder aan sê jy egter: “So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.”
Hoe kan dit die ongelowiges se skuld wees dat hulle nie glo nie as God die saligmakende geloof van hulle weerhou?
Yvonne
| #
Ds Chris ek is so dankbaar dat ek al u hardewerk mag gebruik en geniet…..seenwense….mag ek vra vir n korreksie , tel dit vanoggend op tydens my stilte tyd Gen 26…die voorlaaste paragraaf by u boodskap noem u Sara se naam ipv Rebekka…dis nie kritiek nie asb…gedurende die inperking en weens my swak gehoor is Bybelskool van groot seen vir my…baie dankie