Skip to main content

Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7

’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees; dít is God in sy heilige woning. God gee aan die eensame ’n tuiste; dié wat gevange is, lei Hy na vryheid, maar opstandelinge woon in ’n verlate woestyn. (NLV)

1. Hoewel die NT baie meer oor God se Vaderskap sê, is dit ‘n tema wat alreeds in die OT aangeraak word. Ek kies daarom veral Bybeltekste uit die OT – uit die Psalms, Profete, Wet en Geskrifte – om oor God se Vaderskap na te dink. Hierdie teks is ‘n beskrywing in die Psalms van God as Vader. Wat tref jou van sy Vaderskap?

2. Watter rol speel ons reaksie op God as Vader in ons ervaring van Hom as Vader?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God jou Vader is, dat jy aan Hom behoort, en dat Hy jou beskermer en bevryder is.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Psalm 68 lees en my bydrae daaroor. Dit is regtig ‘n besondere Psalm wat een van die mees omvattende beskrywings van God bevat: Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar