Vraag 1: Wat is God?

1. Hoe dink jy oor God? Watter eienskappe van Hom beteken vir jou die meeste?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Theta – Griekse letter-simbool vir God

God is groot en genadig, goed en getrou. God sorg vir alles en almal, vol liefde en trou. God is oneindig, onbegryplik en onveranderlik in wese en volmaaktheid, alwetend en almagtig, volkome wys en regverdig, barmhartig en heilig, die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. Hy alleen moet aanbid, gehoorsaam en gedien word. Niks gebeur behalwe deur Hom en volgens sy wil nie.

3. Hoe verander hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Elia en die weduwee van Sarfat in 1 Konings 17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.

God is groot en almagtig. Hy het ’n groot droogte oor Israel gebring weens hulle sonde. God is genadig en getrou. Hy het vir Elia gesorg met water. Die kraaie het elke oggend en aand brood en vleis vir hom gebring. Toe die droogte te erg raak, het God ’n wonderwerk gedoen. Hy het gesorg dat die weduwee van Sarfat se meel en olie nie opraak nie. God het haar seuntjie wat gesterf het weer laat lewe om sy goedheid te wys. Hy het dit ook weer laat reën toe Israel tot inkeer gekom het. God is vol liefde en trou.

6. Watter verwagtings skep die verhaal by jou? Bring jou behoeftes in gebed voor God.

Wat is God? – Psalm 92:2-6,9

Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste; om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid, met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier. U groot dade maak my bly, Here! Ek juig oor u handewerk. Hoe groot is u werke, Here! Hoe diep is u gedagtes! U is hoog verhewe. U, Here, bestaan vir ewig. (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van God se wese. Watter troos is daarin vir jou?

2. Onderstreep die reaksies op God. Gebruik die reaksies om met God in jou eie woorde te praat – dank, loof, aankondig, blymaak en juig.

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die rykdom van God se wese te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde oggend- of aandgebed.

4. Jy kan later vanaand die hele Psalm 92 lees sowel as my bydrae daaroor: Psalm 92 – Groots is alles wat U doen, Here

Wat is God? – Psalm 86:8-12,15

Daar is nie ’n god soos U nie, Here. Niemand kan u werke naboots nie. Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en voor U neerbuig, Here; hulle sal u Naam verheerlik. Want U is groot en doen wonderdade. U alleen is God. Leer my u weë, Here, sodat ek in u waarheid kan wandel. Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. U, Here, is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou. (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van God se werke. Watter troos is daarin vir jou?

2. Hoekom is dit nodig dat God ons sy weë leer? Wat leer die Here jou tans?

3. Lees die verse later vandag om jou aan die omvattendheid van God se werke te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde gebed vir jouself en die wêreld.

4. Jy kan later vanaand die hele Psalm 86 lees sowel as my bydrae daaroor: Psalm 86 – Gee my ’n teken van u goedheid.

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: