Vraag 6: Wat is die Bybel?

Hamer en beitel – simbool van die skryfwerk op die tafels van die wet.

1. Hoe het jy die Bybel leer ken? Wie het jou die Bybel leer lees? Wat is die Bybel vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is. Die kerk aanvaar slegs die 66 boeke van die Bybel as begronding, bevestiging en riglyn van ons geloof. My oortuiging van die onfeilbare waarheid en Goddelike gesag van die Bybel is nie op kerklike tradisies gebaseer nie, maar op die innerlike werking van die Heilige Gees.

3. Hoe verryk hierdie antwoord jou gedagtes oor die Bybel?

4. Lees die verhaal van die begin van die geskrewe Woord in Eksodus 24. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

God het baie keer direk met Moses gepraat. Hy wou sy woorde egter vir almal vir altyd gee. Daarom het God self die Tien Gebooie op twee plat klippe geskryf (vgl ook Eksodus 32:15-16). Moses het al die woorde, wette en gebooie van God neergeskryf en vir die volk voorgelees. Dit was die dinge wat God vir die mense wou leer. Die volk het soos een man geantwoord: “Ons sal alles doen wat die Here gesê het! Ons sal daarna luister!” Dit was die begin van die Bybel soos ons dit vandag ken. Die Heilige Gees getuig in ons hart dat dit die Woord van God is.

6. Wat maak jou opgewonde van die Bybel? Loof die Here dat Hy met ons so helder praat deur sy Woord.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (9)

  • Ek is bly vir vandag se boodskappie: “Vraag 6: Wat is die Bybel?”, want ek loop nou al vir ‘n week en wonder hoe kan ek die saak met u opneem, geagte Dr van Wyk. Veral die gedeelte: “Die Bybel is die geskrewe Woord van God. Die Heilige Gees getuig in my hart dat dit so is.”
    Ek dink dit is eenvoudig net nie waar nie. Eens, toe ek ook nog naief geglo het in die Bybel as die “Woord van God”, sou ek vreugde gevind het in u pragtig uiteengesette boodskappie. Vandag egter, baie ure se persoonlike Bybelstudie later, weet ek, bo alle twyfel, dat die Bybel nie die “Woord van God” is nie en dat die “Heilige Gees” nie bestaan nie. Hoekom is ek so oortuig daarvan? Eerstens kan ek bo redelike twyfel verklaar dat die materiaal wat u op hierdie Webblad skryf, u woord/e is. Ek weet dit want u en ek het al daaroor gekommunikeer, en ek kan dus verklaar: “Bybelskool is die woord van Dr van Wyk.” Maar, ek kan nie dieselfde van die Bybel verklaar nie omdat dit eenvoudig nie God se Woord/e is nie- dit is mensewoorde. En tweedens: hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie. As gelowiges dus verklaar dat die Heilige Gees hulle lei om te verklaar dat die Bybel die “Woord van God” is, dan sê ek dit is wensdenkery: die werklikheid is egter dat dit nie so is nie. En wat meer is: ek dink ons oorspeel ons hand as ons namens God oor God dinge besluit, en woorde in Sy “Mond” lê, soos om die “Heilige Gees” se “oortuigingsmag” aan God toe te skryf. Ek wonder – wat dink u?

    • Jy is welkom om sekerheid in jou eie gedagtes te vind. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy die Bybel anders as ek lees. Dit is die Gees wat my sekerheid gee dat die Bybel God se Woord is.

  • Ek is bly oor vandag se boodskappie. My reaksie. As ‘n mens nie daarvan hou nie moet dit nie lees nie en moenie kommentaar lewer nie. Of mis ek die boot?

    • Dankie! Opbouende kommentaar is altyd welkom, selfs kritiek. As jy egter nie in die Gees glo nie, sal jy glad nie die stem van God in die Bybel kan onderskei nie.

      • Ek probeer baie hard om te verstaan – en onthou, ek soek nie skoor nie, ek probeer regtig verstaan wat u verduidelik. Maar ek kry net nie die kloutjie by die oor nie. Miskien wil u, asseblief vir my die saak uit ‘n ander hoek verduidelik. Want, my vraag staan steeds: “…hoe kan dieselfde Heilige Gees wat my eens soos u laat verklaar het dat die Bybel die Woord van God is, my nou so oortuig dat dit toe inderwaarheid nie die Woord/e van God is nie.”?

    • Alwyn, jy mis die boot. 🙂 Ek lees juis die pragtig saamgstelde daaglikse boodskappies van Bybelskool omdat ek dit geniet – dit beteken egter nie ek stem met alles saam nie. En, in plaas daarvan om my hoed en my handsak te vat ek weg te stap wanneer ek nie saamstem nie, bly ek deelneem… want hoe sal ek dan nou die ander kant van die saak hoor, en jy en Dr van Wyk, as ek nie hier bly, en bly deelneem nie? Inteendeel, ek sou ook graag wou lees hoe jy die saak sien in die lig van my eerlike openhartige kommentaar. Ek het ook nooit die indruk gekry dat mens alles wat jy in Bybelskool lees en leer vir soetkoek moet opeet nie? Mooi dag vir jou ook. 🙂

  • …ek probeer nou ook my foto by my naam plaas maar ek kry nie die plek hoe en waar mens dit kan doen nie… help tog asseblief.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: