Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?

1. Hoe dink jy oor die Drie-Eenheid? Watter betekenis het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is die oorsaak en oorsprong van alles. Die Seun is die Woord en Beeld van die Vader. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van die Vader en die Seun. Hulle is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid.

3. Hoe verryk hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Maria en die engel in Lukas 1:26-38. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.

God het die engel Gabriël gestuur na Maria in Nasaret. Hy het haar van God se genade vertel. Sy sou swanger word en Jesus, die Seun van God, in die wêreld bring. Maria het gewonder hoe dit moontlik kan wees. Die engel het geantwoord dat die Heilige Gees oor haar sou kom. Die krag van die Allerhoogste sou die lewe in haar wek. Niks is immers vir God onmoontlik nie. Maria het ingestem: “Laat met my gebeur wat u gesê het.” Daaruit lei ons af dat God een Wese is in wie drie Persone is, Vader, Seun en Heilige Gees.

6. Wat maak jou opgewonde van die verhaal? Loof die Here vir sy genade en Maria se gehoorsaamheid.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: